Jo­han­nes­burg wil 1 500 jong men­se op­lei as nu­we me­tro­po­li­sie­le­de

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hoff

Die Jo­han­nes­burg­se me­tro­po­li­sie is op soek na 1 500 fik­se jong men­se wat as me­tro­po­li­sie­le­de op­ge­lei te word.

Suk­ses­vol­le kan­di­da­te sal in die twee­de week van Ju­lie met hul op­lei­ding van 18 maan­de be­gin, sê hoof­supt. Way­ne Min­naar van die me­tro­po­li­sie.

Hul­le sal dus eers ein­de 2018 ont­plooi word.

Vol­gens Min­naar moet die aan­soe­kers tus­sen 18 en 35 jaar oud wees.

Hul­le moet fiks wees om­dat hul­le 2,4 km op ’n slag sal moet hard­loop.

Hul­le sal ook an­der straw­we oe­fe­ning moet kan doen son­der om moeg te raak.

Suk­ses­vol­le kan­di­da­te moet ook ’n ma­triek­ser­ti­fi­kaat en ’n wet­ti­ge ko­de B-ry­be­wys hê.

Min­naar sê die kan­di­da­te moet ge­mo­ti­veerd wees om mis­daad in Jo­han­nes­burg te be­kamp.

Die me­tro­po­li­sie het ’n pri­va­te maat­skap­py aan­ge­stel om die aan­soe­ke te han­teer. “Ons het reeds dui­sen­de aan­soe­ke ont­vang,” sê Min­naar.

Die slui­tings­da­tum vir aan­soe­ke is Don­der­dag.

Dit is na wat ver­neem word die af­de­ling o­pen­ba­re vei­lig­heid se eer­ste stap on­der die nu­we DA-ad­mi­nis­tra­sie en word ge­doen om so­wel sig­ba­re po­li­si­ë­ring te be­vor­der as om werk te skep.

Men­se wat aan­soek wil doen, kan e-pos stuur aan Luy­an­da Long­we, ska­kel­per­soon van die bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir o­pen­ba­re vei­lig­heid, by luy­an­da­lo@jo­burg.org.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.