Se­pie ver­kla oor ras­ge­weld

2 wit mans val swart man aan in ‘I­si­din­go’

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron en Si­mon Son­ne­kus

Ont­stel­de TV-ky­kers het klagte by die Uit­saai­klag­te­kom­mis­sie (UKKSA) in­ge­dien oor ’n e­pi­so­de van die SABC3-se­pie I­si­din­go waar­in wit A­fri­kaan­se mans die ka­rak­ter Se­cha­ba Mo­loi-Ma­ta­ba­ne ’n bob­be­jaan noem, aan­val en la­ter le­wend be­gra­we.

Die e­pi­so­de is ver­le­de Woens­dag uit­ge­saai.

Vroe­ër in die e­pi­so­de be­soek Mo­loi-Ma­ta­ba­ne (ver­tolk deur Mot­lat­si Ma­fats­he) sy pa se graf en word ge­kon­fron­teer deur die twee mans wat sê hy oor­tree op hul ei­en­dom.

Die wit ka­rak­ters maak dan bob­be­jaan­ge­lui­de na en noem hom “’n BEE-bob­be­jaan wat op bler­rie kor­rup­sie oor­leef”.

Som­mi­ge ky­kers sê op so­si­a­le me­dia hul­le gaan op­hou I­si­din­go kyk.

An­der loof die ver­vaar­di­gers en skry­wers vir die dap­per sto­rie­lyn wat nie weg­skram daar­van om ras­sis­me te ta­kel nie.

Vol­gens Su­ma­ya Pe­ter­sen Mo­go­la, I­si­din­go se woord­voer­der, is dit ’n se­pie wat “gren­se moet oor­skry” en “kwes­sies pak”.

“Ras­sis­me is iets wat SuidA­fri­ka­ners daag­liks kon­fron­teer. Hoe ons dit ook al pro­beer ag­ter­laat, vind sul­ke ge­val­le ge­reeld plaas en dit is die soort kwes­sies wat ons moet pak,” sê Pe­ter­sen Mo­go­la.

“Tal­le van ons ky­kers het ons op so­si­a­le­me­di­a­plat­forms uit­ge­jou oor die voor­val, maar van hul­le het dit ook be­skou as ’n po­si­tie­we ma­nier om die ras­sis­me­kwes­sie te pak,” sê Pe­ter­sen Mo­go­la.

Prof. Herman Was­ser­man, hoof van die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad se rol­prent-en-me­di­a­de­par­te­ment, sê ver­vaar­di­gers moet lig loop daar­voor om ras­sis­tie­se ge­weld bloot vir skok­waar­de te ge­bruik.

“Die be­lang­rik­ste is dat daar wel ’n soort sto­rie­lyn is wat kon­teks bied vir die voor­val so­dat dit ’n ka­tar­sis kan bied en kon­struk­tie­we ge­sprek kan ont­lok.”

Pe­ter­sen Mo­go­la sê hul­le sal na aan­lei­ding van die re­ak­sie op so­si­a­le me­dia aan­gaan met die oor­spronk­li­ke sto­rie­lyn.

Die om­stre­de sto­rie­lyn sal in die vol­gen­de paar we­ke her­vat word, maar die aan­slag sal baie meer ge­ma­tig wees.

“Die ka­rak­ter moet in die vol­gen­de e­pi­so­des be­sluit wat hy ná die voor­val gaan doen. Hy be­plan nou hoe hy die pad vo­ren­toe gaan aan­durf.”

Was­ser­man sê die se­pie is ’n fik­tie­we uit­beel­ding wat ’n ge­moed weer­spie­ël wat werk­lik be­staan.

“A­fri­ka­ners wat ont­steld is daar­oor moet hul hand in eie boe­sem steek en vra hoe­kom dit be­staan en hoe ons dit kan reg­maak.”

Ernst Roets, ad­junk­hoof van A­friForum, sê hul­le het klag­tes van hul le­de oor die e­pi­so­de ont­vang en is be­sig met ’n on­der­soek daar­na.

“Ons het ge­sien men­se is baie ont­steld oor die e­pi­so­de. Baie men­se voel dat dit baie stereotiperend of rassisties is en dat dit wit men­se in ’n baie sleg­te lig stel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.