Vreug­de na­dat tjor­rie ge­vind is

Beeld - - Nuus -

Die ge­lief­de Gog­go­mo­bil-mo­tor­tjie wat van sy stel­la­sie by die hek van ’n plaas bui­te Ka­ka­mas ge­steel is, is Sa­ter­dag­og­gend “huis toe”.

Op die par­keer­ter­rein van die Ka­la­ha­ri Mall in U­ping­ton het Ja­mes Hol­len­bach breed ge­glim­lag ter­wyl men­se na­der ge­staan het om dié ba­ken van die Boes­man­land te kom groet.

“Jis­sie, man! Dis da­rem so lek­ker om te weet ons mo­tor­kar­re­tjie gaan huis toe,” het ’n man met drie klein kin­ders ge­sê toe hul­le die Gog­go­mo­bil op die sleep­wa­en­tjie ge­waar.

“Oe, jul­le sal hom nou hoog moet vas­maak dat hy nie weer weg­ge­dra kan word nie,” het ’n be­jaar­de vrou op­ge­merk.

“Tan­nie, hy gaan nou 6 m hoog ge­lig word,” het Hol­len­bach ge­skerts.

Van die om­stan­ders het voor­ge­stel dat Hol­len­bach ’n slang of twee in die mo­tor­tjie laat woon.

Hol­len­bach sê die Gog­go­mo­bil sal nou eers weer mooi her­stel word. Die verf op die bak­werk is be­ska­dig na­dat die boe­we die mo­tor­tjie ag­ter­op ’n bak­kie P­rie­ska toe ge­sleep het.

Die kar­re­tjie is ver­le­de Son­dag­aand van sy paal af­ge­haal en weg­ge­sleep.

Hol­len­bach, wat dit die Maan­dag ag­ter­ge­kom het, het op so­si­a­le me­dia hulp ge­vra om hom op te spoor.

Kort daar­na het men­se ge­sê hul­le het die mo­tor­tjie ag­ter­op ’n bak­kie so­wat 30 km voor Gro­blers­hoop ge­waar.

Die mo­tor­tjie is uit­ein­de­lik in P­rie­ska op­ge­spoor.

Hol­len­bach sê hy het ’n klag van dief­stal by die Ka­ka­mas-po­li­sie­kan­toor aan­han­gig ge­maak.

Hy is Sa­ter­dag P­rie­ska toe om sy Gog­go­mo­bil te gaan haal.

Fo­to: A­NE­NA BUR­GER

Ja­mes Hol­len­bach van die plaas Sand­vlei, tus­sen Ka­ka­mas en Po­f­ad­der, is ver­heug dat sy Gog­go­mo­bil ge­vind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.