‘Waag dit maar bui­te, dit gaan nié sneeu nie’

Beeld - - Nuus -

Dit gaan van­dag nê­rens in SuidA­fri­ka sneeu nie. Die e­nig­ste neer­slag wat ver­wag word, is lig­te re­ën hier en daar.

Jy kan dit maar bui­te die huis waag, ten min­ste uit ’n weer­oog­punt, want jou lon­ge gaan nie vries nie.

Die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD) sê die W­hat­sApp-bood­skap wat die na­week die rond­te ge­doen het dat tem­pe­ra­tu­re van­dag tot selfs -12 °C gaan daal en dit gaan sneeu, is on­der sy naam ge­stuur, maar kom nie van sy kan­toor nie.

Brans­by Bu­lo, weer­voor­spel­ler van die SAWD, sê die oor­sprong van die bood­skap is on­be­kend.

S­legs lig­te re­ën­buie word van­dag in die Oos-Kaap, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po, die Wes-Kaap en die Vry­staat ver­wag, sê Bu­lo.

’n Paar warm dae word van­dees­week in Kaap­stad ver­wag – 30 °C oor­mô­re en 29 °C Vry­dag. Geen re­ën word ver­wag nie.

Va­nog­gend kan daar mis­kol­le wees, maar dit sal op­klaar.

Vol­gens Bu­lo word ge­deel­te­lik be­wolk­te en koel weer in die res van die land ver­wag, be­slis nie ’n sterk koue lug­stroom oor die sui­de­li­ke de­le van A­fri­ka, soos wat die W­hat­sApp-bood­skap sê, nie.

“Dit sal in som­mi­ge kus­ge­bie­de sneeu,” lui die bood­skap.

“Ons word al­mal aan­ge­moe­dig om bin­nens­huis te bly om­dat som­mi­ge ge­bie­de -12 °C sal be­reik. Dié soort tem­pe­ra­tuur is do­de­lik, want dit kan ver­oor­saak dat die lon­ge vries en tot on­mid­del­li­ke sterf­te lei.

“T­rek die warm­ste kle­re aan en gaan s­legs uit as dit no­dig is.”

Die SAWD sê die bood­skap moet ge­ïg­no­reer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.