Ro­wers skiet gi­ne­ko­loog in be­ne

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die gi­ne­ko­loog wat eer­gis­ter in ’n roof­tog in P­re­to­ria in al­bei be­ne ge­skiet is, het gis­ter­mid­dag laat ’n twee­de o­pe­ra­sie on­der­gaan.

Dr. John Con­stan­ti­ni­des, of­te­wel “dr. Johny”, word be­han­del in die Li­fe Wil­gers-hos­pi­taal in P­re­to­ria-Oos waar hy ook ka­mers het.

I­ne­ke Jon­ker, woord­voer­der van die hos­pi­taal, sê twee koe­ëls het Con­stan­ti­ni­des in die lin­ker­on­der­been ge­tref.

Een van die koe­ëls is deur die lin­ker­been en het die reg­ter­been ge­tref.

“Hy het ’n fe­mur (dy­been)frak­tuur in die lin­ker­been en ’n ti­bia (skeen­been)-frak­tuur in die reg­ter­been.”

Eer­gis­ter het hy ’n ure lan­ge o­pe­ra­sie aan die een been on­der­gaan en gis­ter is hy weer na die te­a­ter ge­neem vir ’n

o­pe­ra­sie aan die an­der been.

Kapt. Il­ze Jo­nes, po­li­sie­woord­voer­der, sê Con­stan­ti­ni­des was eer­gis­ter in die Wool­wort­hs in die Gift A­cres-sen­trum.

Toe hy die win­kel om­streeks 12:30 ver­laat, het drie mans

hom voor­ge­keer en on­der meer geld, sy Ro­lex-hor­lo­sie en sy mans­hand­sak ge­ëis.

Om­stan­ders ver­moed die ro­wers wou moont­lik ook Con­stan­ti­ni­des se Porsche, wat daar na­by ge­par­keer was, kaap.

Die dok­ter het hom te­ë­ge­sit en drie sko­te is af­ge­vuur. Twee het hom ge­tref.

Die ro­wers het met sy hor­lo­sie, sak en mo­tor­sleu­tel in ’n wag­ten­de wit BMW ge­vlug, ter­wyl in­ko­pie­gan­gers be­angs ag­ter voer­tuie op die par­keer­ter­rein ge­skuil het.

“Dr. Con­stan­ti­ni­des kry tans sterk pyn­me­di­ka­sie. Hy is sta­biel en die or­to­peed is in die om­stan­dig­he­de baie te­vre­de met sy toe­stand,” sê Jon­ker.

’n Om­stan­der, wat nie gei­den­ti­fi­seer wil word nie, het eer­gis­ter ge­sê hy het op die par­keer­ter­rein by ’n mo­tor op ie­mand ge­wag toe hy ’n ge­skreeu hoor en sien hoe drie aan­val­lers op ’n man toe­sak.

“Daar was ’n stoei­e­ry oor ’n soort sak wat soos ’n hand­sak lyk. Die man het ge­skreeu en toe klap die eer­ste twee sko­te.”

Nog sko­te en gil­le het ge­volg voor­dat die ro­wers ge­vlug het.

Die po­li­sie het eer­gis­ter die ge­bied voor Wool­wort­hs vir lei­dra­de ge­fyn­kam na­dat dr. John Con­stan­ti­ni­des deur drie ro­wers ge­skiet is. Sy Porsche staan regs op die fo­to. Die aan­val­lers het ook met dié mo­tor se sleu­tel weg­ge­kom.

’n S­kerm­greep van ’n sel­foon­vi­deo wys hoe een van die ro­wers na die wag­ten­de wit BMW vlug na­dat dr. John Con­stan­ti­ni­des be­roof en ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.