Co­li­gny­seun se ou­ers op­ge­spoor

Pa dog hy kui­er by sy maats

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Die seun wie se dood tot o­proer, brand­stig­ting en plun­de­ry in Co­li­gny ge­lei het, is eer­gis­ter, tien dae ná sy dood, uit­ge­ken.

Hy was Mat­l­ho­mo­la Mos­weu, die 16-ja­ri­ge seun van Sak­kie Ding­a­ke en Ag­nes Mos­weu.

“Sy nek is ge­breek en hy het ’n sny aan die ken en ag­ter die nek ge­had. Daar was bloed in sy mond,” het Ding­a­ke ge­sê na­dat hy hom in die lyk­huis in Lich­ten­burg uit­ge­ken het.

“Hul­le het my seun dood­ge­maak. Hul­le moet ook dood­ge­maak word.”

Ding­a­ke het sy seun op 18 A­pril laas ge­sien. Hy het ge­dink hy kui­er by maats op ’n plaas in Put­fon­tein.

Mos­weu, wat van Ding­a­ke ge­skei is, sê vol­gens Ma­roe­la Me­dia sy het haar seun ge­soek en sy maats het ge­sê hy is nie in Put­fon­tein nie.

Mat­l­ho­mo­la is dood na­dat hy glo van ’n boer se be­we­gen­de bak­kie af­ge­spring het.

Ter­wyl sy ou­ers na Mat­l­ho­mo­la ge­soek het, het S­tan­ley Mny­a­ka­ma, hoof van G.R. Set­set­se P­ri­ma­ry in Lich­ten­burg, die seun se ou­ers pro­beer op­spoor.

“Ek het na die po­li­sie ge­gaan en ge­sê die saak word nie erns­tig op­ge­neem nie. Die seun se ou­ers moet ge­vind word.”

Hy het die po­li­sie ’n fo­to van die seun ge­vra en se­dert Don­der­dag van plaas tot plaas en in die in­for­me­le buurt S­kot­land ge­soek tot­dat hy Ding­a­ke en Mos­weu op­ge­spoor het. ’n Paar keer het hy ge­dink die spoor word warm, maar dit het tel­kens niks op­ge­le­wer nie.

Teen Sa­ter­dag­mid­dag was hy so ge­frus­treerd dat hy aan God ge­sê het: “God, U is wreed. Hoe­kom moet ons so lank soek? Hoe­kom wys U nie aan ons ’n te­ken nie?”

Eer­gis­ter­og­gend is Mny­a­ka­ma te­rug S­kot­land toe en het ’n groep mans by ’n drank­win­kel ge­vra of hul­le die seun ken. “Hul­le het na die fo­to ge­kyk en een het ge­sê hul­le sien die seun ge­reeld in die buurt, maar weet nie waar hy woon nie.”

’n Mei­sie daar na­by het ge­sê sy ken die seun en sy pa soek hom al die af­ge­lo­pe week.

Mny­a­ka­ma het die pa by die kerk op­ge­spoor. “Hy was ver­plet­ter toe hy be­sef dit is sy seun. Hy het sy han­de op sy kop ge­sit. Dit was hart­seer.”

Mat­l­ho­mo­la Mos­weu Fo­to: ENCA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.