‘Dis SA se skuld dat ek nie vry is’

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Dit is die Suid-A­fri­kaan­se kon­su­laat in Minsk en die am­bas­sa­de in Mo­s­kou se skuld dat sy pa­rool­aan­soek in Be­la­rus van die hand ge­wys is, sê Dirk Prins­loo.

Die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se ad­vo­kaat sou in die week deur ’n Suid-A­fri­kaan­se af­vaar­di­ging van Be­la­rus na Suid-A­fri­ka be­ge­lei word. ’n Las­brief vir sy in­heg­te­nis­ne­ming is in 2006 in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik.

Prins­loo is in Fe­bru­a­rie 2010 in Be­la­rus 13 jaar tronk­straf op­ge­lê en het op 19 Fe­bru­a­rie van­jaar vir pa­rool in aan­mer­king ge­kom.

Woens­dag het ’n Be­la­rus­sie­se reg­ter Prins­loo se pa­rool­aan­soek eg­ter van die hand ge­wys.

Prins­loo, wat in die Mo­gi­lef­ge­van­ge­nis aan­ge­hou word, het in ’n brief ge­skryf: “My pa­rool­ver­hoor is tot Sep­tem­ber uit­ge­stel om­dat die SA kon­su­laat en die SA am­bas­sa­de in Mo­s­kou doel­be­wus ver­suim het om my pas­poort na die tronk te stuur.

“Die ge­van­ge­ni­so­wer­heid en ek het by ver­skeie ge­leent­he­de ge­vra dat hul­le my pas­poort stuur om­dat ’n gel­di­ge pas­poort ’n ba­sie­se wet­li­ke voor­ver­eis­te vir die vry­la­ting van ’n per­soon uit ’n Be­la­rus­sie­se tronk is.

“Hier­die ver­soe­ke is deur die Suid-A­fri­kaan­se di­plo­ma­tie­ke korps ge­ïg­no­reer.

“Die (pa­rool)kom­mis­sie het dit dui­de­lik ge­maak dat ek wel vry­ge­laat sou word as die pas­poort be­skik­baar was.”

Prins­loo het ook ver­wys na vo­ri­ge brie­we waar­in hy ge­skryf het dat hy aan Suid-A­fri­ka uit­ge­le­wer wil word.

“Ek het my po­gings om ’n oo­reen­koms met Suid-A­fri­ka te be­reik, laat vaar weens hul self­vol­da­ne, min­ag­ten­de en kwaad­wil­li­ge op­tre­de.

“Dit sluit hul on­pro­fes­si­o­ne­le ig­no­re­ring van my po­gings in om ’n ra­si­o­ne­le en reg­ver­di­ge oo­reen­koms te be­reik oor hoe om hul be­lan­ge én my men­se­reg­te te be­skerm.”

Kom­men­taar kon weens die o­pen­ba­re va­kan­sie­dag nie by die kon­su­laat in Be­la­rus en die am­bas­sa­de in Rus­land ge­kry word nie.

Prins­loo en sy voor­ma­li­ge le­wens­maat, Cé­zan­ne Vis­ser, het des­tyds in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria te­reg­ge­staan op ver­skeie aan­klag­te, in­slui­tend van mis­da­de teen kin­ders, toe hy op borg­tog vry­ge­laat is en land­uit ge­vlug het.

In­ter­pol is by die soek­tog be­trek en Prins­loo is in 2009 ná ’n mis­luk­te bank­roof in Ba­ra­no­wit­sji, Be­la­rus, vas­ge­trek.

Dirk Prins­loo kort voor sy von­nis­op­leg­ging in Minsk. Fo­to: JULIAN RADEMEYER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.