‘Aan­val­ler het na ons ge­kom om te moor’

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit en Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n Vry­staat­se boer en sy hond sterk aan na­dat hul­le die na­week ver­skeie ke­re met ’n lem ge­steek is.

Ri­chard (Dick) Os­bor­ne (67) is op sy plaas in die T­wee­spruit­dis­trik met ’n pyl­ge­weer oor­rom­pel.

“Van­dag gaan ek jou dood­maak!” het die plaas­aan­val­ler her­haal­de­lik vir Os­bor­ne ge­skreeu toe hy hom Sa­ter­dag om 06:45 aan­ge­val het.

Ben Noth­na­gel, ’n vriend en buur­man wat Os­bor­ne ná die aan­val te hulp ge­snel het, sê dié het sy le­we waar­skyn­lik aan sy Aus­tra­lie­se bees­hond, Jack, te dan­ke.

“Jack het die aan­val­ler be­gin byt,” sê Noth­na­gel.

Jack is drie keer met die lem ge­steek.

’n Vee­arts het sy won­de toe­ge­werk.

Os­bor­ne word in ’n hos­pi­taal in Bloem­fon­tein be­han­del.

Hy het nog baie pyn, maar dit gaan ’n bie­tjie be­ter, het Ja­net­te Biggs, sy le­wens­maat, gis­ter ge­sê.

“Hy suk­kel nog om a­sem te haal, dus pro­beer ons om hom so stil moont­lik te hou.”

Biggs sê dit is be­lang­rik dat die pu­bliek help om die “lae luis wat die lief­de van my le­we pro­beer dood­maak het” op te spoor.

“Ons is boe­re wat ons wer­kers en af­ge­tre­de wer­kers wat op ons plaas woon, on­der­steun en ons is hul­le baie goed­ge­sind.

“Tog was die man vas­be­slo­te om Ri­chard dood te maak. Ri­chard be­han­del al ons wer­kers baie reg­ver­dig, maar dié man het na ons huis ge­kom met een doel: om te moor.

“Maar ons sal nie van ons huis of plaas weg­ge­jaag word nie. Ons sal ook nie in vrees leef nie.

“Ons is trot­se Suid-A­fri­ka­ners wat lief is vir dié land en tot­dat daar be­hoor­li­ke aan­spreek­lik­heid en po­li­si­ë­ring in lan­de­li­ke ge­bie­de is, kan ons net op ons ge­meen­skap re­ken vir vei­lig­heid.”

Sers. Mar­tin Xu­ma, po­li­sie­woord­voer­der, sê nie­mand is al in heg­te­nis ge­neem nie.

Dick Os­bor­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.