K­ris­ti­an se dood ge­reg­te­lik on­der­soek

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Die de­part­ment van om­ge­wing­sa­ke het twee klagte teen die ei­e­naar van die leeu wat K­ris­ti­an Prins­loo (12) in Lep­ha­la­le (El­lis­ras) aan­ge­val het by die po­li­sie in­ge­dien.

Die po­li­sie het ook twee dae ná K­ris­ti­an se dood ’n ge­reg­te­li­ke on­der­soek na sy dood ge­o­pen. K­ris­ti­an, ’n gr. 6-leer­ling van die La­er­skool Lou­is Lei­poldt in Cen­tu­ri­on, is ’n dag ná sy 12de ver­jaar­dag in die Me­di­cli­nic Mu­el­med in P­re­to­ria oor­le­de.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, ’n po­li­sie­woord­voer­der van Lim­po­po, sê die uit­slag van die po­li­sie- en die na­dood­se on­der­soek sal na die ver­vol­gings­ge­sag ge­stuur word vir ’n be­slis­sing. “Dit is deur die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke ge­o­pen op grond van be­we­rings dat die leeus toe­ge­laat is om vry­e­lik op die per­seel rond te be­weeg en selfs toe­gang tot die huis ge­had het.”

K­ris­ti­an het by sy ou­ma, Ma­rie S­try­dom, wat in haar eie huis op haar vrien­de Cor en A­let Vos (die Vos­se het drie leeus) se luuk­se land­goed bui­te Lep­ha­la­le woon, ge­kui­er toe die leeu­man­ne­tjie hom aan­ge­val het. Vol­gens K­ris­ti­an se pa, Herman, het die leeu dié dag skie­lik in S­try­dom se kom­buis ge­staan. Sy het vir K­ris­ti­an ge­sê om ka­mer toe te hard­loop. Die leeu het hom eg­ter beet­ge­kry.

’n Ge­denk­diens vir K­ris­ti­an word mô­re 13:30 in die Le­wen­de Woord-kerk in Cen­tu­ri­on ge­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.