Twee haas­tig vir borg­to­gaan­soek

Beeld - - Nuus -

Die twee boe­re van Co­li­gny wat van die moord op ’n 16­ja­ri­ge seun aan­ge­kla word, het gis­ter ’n drin­gen­de hof­aan­soek ge­bring dat hul borg­to­gaan­soek so gou moont­lik aan­ge­hoor word.

Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (33) sal nou va­nog­gend voor ’n nu­we land­dros om borg­tog aan­soek doen.

Land­dros Mar­ti­nus van Log­ge­ren­berg het hom Vry­dag aan die saak ont­trek. Hy het aan­ge­voer as lid van die ge­meen­skap is dit in die bes­te be­lang van ge­reg­tig­heid en sy ge­sin se vei­lig­heid om ’n neu­tra­le land­dros te kry om oor die saak te be­slis.

Frank Le­se­ny­e­go, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag in Noord­wes, weet nie wie of van waar die nu­we land­dros is nie, “maar hy is nie van Co­li­gny nie”.

Hy sê die staat is ge­reed om met die saak voort te gaan en sal borg­tog “ter wil­le van die boe­re se vei­lig­heid” teen­staan.

Die be­skul­dig­des het gis­ter in hul aan­soek in die hoog­ge­regs­hof in Ma­hi­keng ook ge­vra dat hul­le van die aan­hou­ding­sel­le in Co­li­gny na dié in Lich­ten­burg oor­ge­plaas word. Die staat staan dit teen, sê Le­se­ny­e­go.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.