’n Koue dag op Lof­tus was nog nooit so warm

Beeld - - Kommentaar -

Dit was my seun se 13de ver­jaar­dag, en ek en sy pa het saam met hom op Lof­tus rug­by gaan kyk. As ek te­rug­dink aan daar­die dag is dit nie die wed­stryd tus­sen die Bul­le en die S­tor­mers wat my by­bly nie, dit was iets an­ders.

Dit was am­per herfs en ter­wyl ons nog so saam op die pa­vil­joen sit, sak ’n koue oor Lof­tus neer.

Met die op­ge­won­den­heid oor die rug­by­wed­stryd het jy jou baad­jie in die mo­tor ver­geet, my kind. Ek het my baad­jie uit­ge­trek en vir jou ge­gee om aan te t­rek, maar jy het ge­wei­er om dit aan te t­rek, want dan gaan ma mos koud kry.

Die uit­ein­de van die stry­e­ry oor wie die baad­jie moet kry, was dat ons al­bei toe saam sit en koud kry het.

Maar dit bly my by: Om daar­die mid­dag saam die koue aan ons lyf te kon voel, het vir meer warm­te ge­sorg as wat ’n Aca Joe-baad­jie sou kon.

Dit is die men­se wat jou deur die koue tye in jou le­we by­staan wat jy vir e­wig en al­tyd waar­deer. Dis daar­die men­se wat voor die ho­ë­sorg­een­heid van

’n hos­pi­taal bly waak wan­neer vrien­de se kind sy stryd teen kan­ker ver­loor. Dis daar­die men­se wat die koue saam met jou voel – jou le­wens­ge­no­te.

Ek sal nooit weer na T­heuns Jor­daan se “Soos bloed” oor die ra­dio kan luis­ter en nie dink aan daar­die prag­ti­ge blon­de­kop­seun wat in die fleur van sy le­we heen­ge­gaan het nie, want ek was daar toe ’n ma, pa en broer een og­gend ’n stamp­vol kerk bin­ne­ge­stap het vir ’n laas­te eer­be­toon aan hom en T­heuns Jor­daan se “Soos bloed” ge­speel het.

En so was dit: soos bloed was die lied­jie vir Al­bert. En soos bloed so was hy vir ons. Soos my so ken jy vir my, so het hy, ’n om­gee-kind, sy vrien­de se hart ge­ken. Elk­een se huil en elk­een se lag. Soos a­sem vloei jy dwars­deur my . . .

Want wie het hy nie aan­ge­raak deur sy me­de­mens­lik­heid nie, wie sou nie dink: Heng, dis ’n ou­li­ke kind, el­ke keer wan­neer hy groet nie. Soos tyd so vlieg als ver­by . . . Te kort was jou tyd hier op aar­de. Te groot is die leem­te son­der jou.

As ek een­dag moet te­rug­dink aan my seun se groot­word­ja­re sal ek die plaas­seun sien wat kaal­voet met die plaas se stof­pad af­stap, bot­tel koel­drank in die een hand en o­gies­draad-wip in die an­der.

Ek sal hom ’n drie sien druk op La­er­skool T­ha­ba­zim­bi se skool­veld in ’n bul­le­tjie-rug­by­wed­stryd. Ek sal hom in die voor­tuin met die hon­de op die gras sien rond­rol.

Maar wat my die mees­te sal by­bly, is die dag op Lof­tus toe ek ge­weet het dit waar­voor ek die mees­te hoop vir hier­die kind van my is nie ’n Blou­bul-rug­by­trui oor sy kop nie, maar dat hy sy le­we sal bly leef met ’n hart wat koue aan sy lyf sal kan voel as ’n an­der net warm­te kan voel.

Wie sou nie dink: Heng, dis ’n ou­li­ke kind, el­ke keer wan­neer hy groet nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.