Suid­A­fri­ka is tops, pas hom op

Beeld - - Kommentaar -

Ro­nel, M­bom­be­la (Nel­spruit)

In A­pril het ons met ag­ter­paaie ge­reis, van M­bom­be­la deur M­pu­ma­lan­ga, die Vry­staat, die Noord-Kaap, SuidKaap tot in die Wes-Kaap.

Ons het klein dor­pies be­soek en ge­skie­de­nis na­ge­lees oor die oor­sprong, sen­sus­tel­lings en taal wat ver­teen­woor­dig word. Daar is vir se­ker ju­we­le ver­steek, plek­ke om te ont­dek, en die be­lang­rik­ste: Ek het weer be­sef dat ons Suid-A­fri­ka­ners een van die mooi­ste, gas­vry­ste lan­de met die bes­te kli­maat en ry­ke ge­skie­de­nis het.

Oor ras-, ge­slags-, en kleur­gren­se heen het ons ’n di­ver­se na­sie en op grond­vlak staan ons lank­al saam. Dit gaan oor oor­le­wing en om ’n be­staan te maak – van roos­ter­koe­ke in die Ka­roo tot snoek in die ha­we.

Hoe­kom kan ons dit nie be­sef, raak­sien en op hoog­ste vlak ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar nie? Is ons land se lei­ers dan so ver ver­he­we bo die al­le­daag­se? Is ons nie be­sig om met iets baie spe­si­aals te mors nie? Waar­deer net weer wat ons het en pas dit op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.