Op­win­den­de no­vel­le is lief­lik ver­taal

Beeld - - Boeke -

Die bad­ka­mer Je­an­P­hi­lip­pe Tous­saint (ver­taal deur Dan Roodt)

PRAAG, R160

La sal­le de bain word deur Dan Roodt ver­taal as Die bad­ka­mer. En wat ’n lief­li­ke ver­ta­ling is dit nie! Op die bla­ker­teks word dit as ’n mees­ter­stuk in die klei­ne be­skryf, byna soos ’n ab­strak­te skil­de­ry. Die voor­blad, deur Oc­ta­via Roodt, tref on­mid­del­lik die oog.

In­der­daad is die taal bon­dig en die teks, van die Brus­sel ge­bo­re Tous­saint, skry­wer van 12 boe­ke en ook film­ma­ker, lief­lik. Die pa­ra­gra­we is ge­nom­mer.

’n Jong man be­sluit op ’n dag om sy in­trek in die bad­ka­mer te neem. Hier lê hy en lees en tob oor die le­we. Nie­mand kan hom hier uit­kry nie. Hy ver­trek met die trein na Ve­ne­sië en be­land in die hos­pi­taal . . .

Die boek neem die le­ser ui­ter­aard te­rug na die ro­mans van Alain Rob­be-G­ril­let, waar el­ke te­ken in die teks iets be­te­ken, soos in In die la­bi­rint van 1957.

’n Mens dink ook aan Ro­land Bart­hes se be­roem­de teks S/Z (1970), waar Sar­ra­si­ne van Bal­zac in lex­i­as op­ge­breek word.

El­ke te­ken in die teks word ’n tei­ken (om Mer­we S­choltz aan te haal). Veer­pyl­tjies word ge­speel in die teks en selfs Mo­no­po­ly. Sok­ker is ook iets waar­na ge­kyk word – ’n ver­de­re ko­de.

Die ko­des van wis­kun­de (“Die kwa­draat van die leng­te van die skuins­sy is ge­lyk aan die som van die kwa­dra­te van die leng­tes van die reg­hoe­ki­ge sye”) is ’n mot­to uit Pytha­go­ras en die boek be­vat drie de­le: Pa­rys, Die Skuins­sy en Pa­rys. Mon­dri­aan se spel met ly­ne en kleu­re is e­wen­eens re­le­vant. En die as­pek van nie-re­pre­sen­ta­sie: Lees hier­die teks net as teks . . .

Mon­dri­aan maak die boek oop vir die le­ser. Die ver­tel­ler is gaan­de oor die werk van Mon­dri­aan en die on­be­weeg­lik­heid daar­van. Die af­we­sig­heid van be­we­ging­per­spek­tief is die dood. Hier­die no­vel­le word ’n stuk dink­werk oor die ver­hou­ding tus­sen le­we en dood. Die ver­tel­ler lees ook Pas­cal se Pen­sées.

Hy haal uit En­gels aan uit Pas­cal; niks kan ons ver­troos nie.

Die voet­noot op blad­sy 34 is ’n ver­de­re aan­wy­sing van hoe jy die teks moet lees. Die ver­ta­ler ver­dui­de­lik “net­su­ke” as Ja­pan­se kuns­voor­wer­pe wat tra­di­si­o­neel ge­bruik is om hou­ers aan ’n ki­mo­no­gor­del vas te maak.

Dit is nie ’n koes­a­ri­ga­ma nie, maar ’n de­li­ka­te net­su­ke wat ver­eis word.

Daar is ook dik­wels ’n klein ver­ras­sing in net­su­ke. Som­mi­ge is drie­di­men­si­o­neel.

Ons het ’n ob­se­de­ren­de ver­tel­ler, een wat on­rus­tig is en ’n hou­vas op die werk­lik­heid ver­loor het.

Klein fou­te op blad­sy 68 (een­vou­dig); be­weg-ingper­spek­tief (bl. 80); vlo-er­be­dek­king (bl. 94); nie­luis­ter (bl. 114).

Die no­vel­le het my te­rug­ge­neem na Roodt se Twee sin­ne (1985), ’n mi­ni­ma­lis­tie­se teks waar­in die le­ser ge­dwing word om el­ke sin en woord te her­oor­weeg.

Ons A­fri­kaan­se teks­te het dalk te plot-ge­dre­we ge­raak en om ’n no­vel­le te lees wat eer­der fo­kus op die stylaan­bod, is ver­fris­send. Dann Gunn praat van die “won­drous od­di­ty of the ba­nal” in die Ti­mes Li­te­r­a­ry Sup­ple­ment en Su­san­ne Kunc­kel in Die Welt ver­wys na die speels­heid van die teks.

Is die gooi van die veer­pyl­tjie werk­lik of nie? En die see­kat?

En die be­soe­kers? En die naam Ed­monds­son?

Be­sluit ge­rus self.

Dit is ’n lief­li­ke, op­win­den­de no­vel­le, uit­ste­kend ver­taal, wat vra vir ’n wye, A­fri­kaan­se ge­hoor.

■ Jo­an Ham­bid­ge is pro­fes­sor in A­fri­kaans en kre­a­tie­we skryf­werk aan die UK.

In­der­daad is die taal bon­dig en die teks, van die Brus­sel ge­bo­re Tous­saint, skry­wer van 12 boe­ke en ook film­ma­ker, lief­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.