‘Siem­bam­ba’ in boek­vorm

Beeld - - Boeke -

Qu­een of the F­ree S­ta­te – a Me­moir

Jen­ni­fer F­ried­man

TAFELBERG, R250

F­ried­man het in die ja­re 50 en 60 in ’n stow­we­ri­ge Vry­staat­se dor­pie groot­ge­word in een van die min Jood­se fa­mi­lies tus­sen al die A­fri­ka­ners en hand­jie­vol En­gel­se. Daar was na­tuur­lik swart fa­mi­lies ook, maar hul­le het nie eint­lik ge­tel nie – dis maar hoe dit in daar­die tyd was.

Ek het am­per be­gin ver­veeld word in die eer­ste kwart van die boek, want haar vroeë kin­der­ja­re was dood­ge­woon en ge­luk­kig. Dis soos Frank M­cCourt in An­ge­la’s As­hes oor sy kin­der­ja­re skryf: “It was, of cour­se, a mi­se­ra­ble child­hood: the hap­py child­hood is hard­ly worth your whi­le.”

Ek is eg­ter baie bly ek het deur­ge­druk en aan­hou lees, want ek dink F­ried­man wou my net bie­tjie sag maak met die eer­ste paar staal­tjies, want die boek word al hoe don­ker­der hoe ver­der mens lees. Teen die ein­de wan­neer sy haar tie­ner­ja­re be­skryf, is sy so on­ge­luk­kig dat ’n mens die boek nie kan neer­sit nie.

Haar ou­ers, wat aan­vank­lik ten sleg­ste ’n bie­tjie af­we­sig was, kon klaar­blyk­lik nie met ’n ei­e­wil­li­ge tie­ner klaar­kom nie.

Ek weet ’n pak slae was in daar­die dae al­ge­meen, maar wat F­ried­man daar be­skryf, steek die grens na mis­han­de­ling oor.

Dit was ’n ver­lig­ting om op die twee­de laas­te blad van die boek te lees dat daar da­rem ver­soe­ning ge­kom het, baie ja­re la­ter, al het haar ou­ers nooit om ver­sko­ning ge­vra of ver­dui­de­lik nie. (Ek be­spied ’n e­le­ment van wraak­ne­ming in die boek en won­der hoe haar sus­ters voel oor wat sy ge­skryf het.)

Qu­een of the F­ree S­ta­te word be­mark as ’n sjar­man­te, ver­ras­sen­de, hu­mo­ris­tie­se me­moi­re. Dit ís al hier­die din­ge, maar ook meer. Groot te­mas word aan­ge­roer: ge­weld, ont­wor­te­ling, ras­sis­me, na­si­o­na­lis­me en dis­kri­mi­na­sie van ve­le soor­te, om maar ’n paar te noem. Deur so per­soon­lik en deur die oë van ’n kind daar­oor te skryf, laat F­ried­man dit al­les skok­kend on­skul­dig klink ter­wyl die le­ser eint­lik goed ver­staan wat­ter boos­heid ag­ter van die staal­tjies skuil.

As die boek ’n lied­jie was, was dit “Siem­bam­ba” – mooi deun­tjie om jou aan die slaap te sus, maar al­ler­mins on­skul­dig.

F­ried­man be­hoort A­fri­kaans goed mag­tig te wees, ge­ge­we haar ag­ter­grond en skool­ja­re. Dis am­per jam­mer dat sy die boek in En­gels ge­skryf het, want dit voel soos ’n A­fri­kaan­se boek, wat on­der A­fri­kaans­spre­ken­des se­ker­lik meer tref­krag en ’n gro­ter mark sou hê as on­der En­gels­spre­ken­des.

Maar moe­nie dat dit jou af­skrik nie – lees hom! Ons al­mal is En­gels ook mos mag­tig.

■ He­len S­chöer is ’n vry­skut­re­sen­sent van Jo­han­nes­burg en re­dak­teur van Ba­ba & K­leu­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.