Zoid en Mor­bee gaan land­wyd saam op­tree

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Ka­ren Zoid en Kahn Mor­bee bied ’n land­wye kon­sert aan wat volg op hul de­buutsa­me­wer­king met “We Could Be Di­vi­ne”.

Die re­ak­sie hier­op was so suk­ses­vol dat die ge­sa­ment­li­ke kon­sert ’n lo­gie­se vol­gen­de stap was, sê hul­le in ’n me­di­a­ver­kla­ring.

Die kon­ser­te word in Kaap­stad, Gra­ham­stad, Bloem­fon­tein, Dur­ban en Jo­han­nes­burg ge­hou.

Op die pro­gram sal die du­et uit­ge­voer word saam met van die on­der­skeie kuns­te­naars se eie werk. Al­bei kuns­te­naars is al met Sa­ma-pry­se ver­eer.

Mor­bee is be­kend as die hoof­san­ger van The Par­lo­to­nes wat se­dert 2005 be­staan. Die groep het reeds saam met groot na­me

soos Léon, I­ma­gi­ne Dra­gons, The Cu­re en Cold­play op­ge­tree. Die pry­se wat hul­le ge­wen het sluit in ses Sa­mas, twee MTV­pry­se, vier MK-pry­se en twee MTV-pry­se.

Mor­bee het in 2016 sy eer­ste so­lo­al­bum Salt be­kend ge­stel.

Zoid is nie net Suid-A­fri­ka se ko­nin­gin van rock nie, sy is ook die pre­si­dent van die Re­pu­bliek van Zoid A­fri­ka, die ui­ters ge­wil­de te­le­vi­sie­reeks op kykNET. Daar is reeds vier reek­se ge­maak.

Sy het ook al die ver­hoog met kuns­te­naars soos An­nie Len­nox, Me­tal­li­ca, Hot­hou­se Flo­wers, John May­er, Se­al en UB40 ge­deel.

Die lo­ka­le waar hul­le sal op­tree, is as volg:

■ Kaap­stad: 30 en 31 Mei in die Kuns­te­kaap­te­a­ter

■ Gra­ham­stad: 3 Ju­lie in die Guy But­ler-te­a­ter as deel van die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees

■ Dur­ban: 14 Ju­lie in die Wa­vehou­se

■ Bloem­fon­tein: 18 Ju­lie in die Sand du P­les­sis-te­a­ter

■ Jo­han­nes­burg: 21 Ju­lie in die Te­a­tro by Mon­te­ca­si­no Kaar­tjies kan by Com­pu­tic­ket be­spreek word.

Kahn Mor­bee en Ka­ren Zoid toer saam deur Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.