T­wee­ling (7) sterf toe bus per­de­kar tref

Beeld - - Nuus - – Al­za­ne Nar­rain

’n Se­we­ja­ri­ge i­den­tie­se t­wee­ling van die Noord-Kaap het dro­me ge­had om in­ter­na­si­o­naal sok­ker te speel soos die hel­de na wie hul­le ge­noem is.

Vry­dag­aand is Ro­nal­do en Ro­nal­din­ho Da­vids dood toe ’n bus die per­de­kar waar­op hul­le ge­slaap het, ge­tref het.

Cyn­thia Mok­we­na, hul tan­te, sê die Da­vids-ge­sin het Vry­dag­aand van Bel­mont, ’n dor­pie langs die N12-hoof­pad so­wat 60 km van Kim­ber­ley, te­rug­ge­keer na die plaas Fer­gust West, waar hul ma, Chris­ti­ne (30), ’n plaas­wer­ker is.

Die per­de­kar se tuig het ge­breek en die be­stuur­der, Jo­han­nes Dip­ho­ko­je, het langs die pad stil­ge­hou. Hy, sy dog­ter, I­lis­na (4), Chris­ti­ne en haar seun Lo­ren­zo (11) het uit­ge­klim. Die bus het die kar ge­tref ter­wyl die t­wee­ling nog daar­in ge­slaap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.