Be­soe­de­ling­klag­te: Myn­ba­se daag nie by hof op

Beeld - - Nuus - – E­li­se Tem­pel­hof

Drie di­rek­teu­re van die B­ly­voor­uit­zich­ten Vil­la­ge Main Reef-goud­myn bui­te Car­le­ton­vil­le kan ’n boe­te van tot

R10 mil­joen of tien jaar tronk­straf op­ge­lê word weens die be­weer­de be­soe­de­ling en ag­ter­uit­gang van die om­ge­wing.

Da­lu­buhle N­cu­be, Paul Ma­ri­us Saai­man en Mark Bur­rell moes Vry­dag in die streek­hof in Me­ra­fong ver­skyn, maar het nie op­ge­daag nie.

Die saak is op ver­soek van die staat tot 21 Ju­lie uit­ge­stel so­dat die naam van nog ’n myn­maat­skap­py in die om­ge­wing of sy di­rek­teu­re by die klag­staat ge­voeg kan word.

’n Las­brief vir die in­heg­te­nis­ne­ming van N­cu­be, Saai­man en Bur­rell sal op daar­die dag uit­ge­reik word as hul­le nie by die hof op­daag nie. Die drie is aan­ge­kla van 11 oor­tre­dings van om­ge­wings­be­stuurs­wet­ge­wing en die Wets­ont­werp op die Ont­wik­ke­ling van Mi­ne­ra­le en Pe­tro­le­um­hulp­bron­ne.

Om­ge­wings­reg­ken­ners meen die saak kan ’n pre­se­dent skep vir die di­rek­teu­re van myn­maat­skap­pye wat ’n myn laat li­kwi­deer in ’n po­ging om die ver­ant­woor­de­lik­heid te ontduik om die ge­bied te re­ha­bi­li­teer.

Ma­riet­te Lief­ferink, di­rek­teur van die Fe­de­ra­sie vir ’n Vol­hou­ba­re Om­ge­wing, het in Fe­bru­a­rie 2014 straf­reg­te­li­ke klagte teen die di­rek­teu­re van DRD Gold en Vil­la­ge Main Reef by die po­li­sie in Car­le­ton­vil­le aan­han­gig ge­maak weens die be­soe­de­ling van die om­ge­wing.

Die Groen S­ker­pi­oe­ne het die mans ver­le­de maand aan­ge­kla.

Hul­le word on­der meer daar­van be­skul­dig dat hul­le die Won­der­fon­tein­spruit met mas­sie­we hoe­veel­he­de u­raan (wat in die myn­af­val teen­woor­dig is) be­soe­del het. Die Won­der­fon­tein­spruit vloei deur die Ger­hard Min­ne­bron (’n wa­ter­bron) in die Mooi­ri­vier waar­uit Pot­chef­stroom sy wa­ter kry.

Hul­le is glo deur die o­wer­heid be­veel om die myn­af­val op te ruim, maar het dit nie ge­doen nie.

Die di­rek­teu­re het na be­we­ring van Ju­nie tot Ok­to­ber 2014 geen stof­kon­tro­le ge­doen nie en hul om­ge­wings­be­stuurs­plan tel­kens oor­tree. Lui­dens die klag­staat meen die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne dit sal so­wat R143 mil­joen kos om die om­ge­wing te re­ha­bi­li­teer.

Lui­dens ’n brief wat in Au­gus­tus 2013 aan die be­skul­dig­des ge­skryf is, was daar ’n te­kort van so­wat R108 mil­joen in die myn­hui­se se re­ha­bi­li­ta­sie­fonds. Die te­kort is na be­we­ring nooit aan­ge­vul nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.