Coro­na­ti­on se ba­tes daal ver­der – R30 mjd. af in ’n jaar

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Suid-A­fri­ka se ba­te­be­stuur­der Coro­na­ti­on het in die af­ge­lo­pe ses maan­de tot ein­de Maart ’n ver­de­re da­ling in sy ba­tes on­der be­stuur ge­had.

Die groep het in die half­jaar tot ein­de Maart R576 mil­jard se ba­tes on­der be­stuur ge­had.

Dit is so­wat R23 mil­jard min­der as in die boek­jaar tot ein­de Sep­tem­ber en R30 mil­jard min­der as in die oor­een­stem­men­de tyd­perk ’n jaar ge­le­de.

Sa­ke het in No­vem­ber met die uit­rei­king van sy re­sul­ta­te be­rig Coro­na­ti­on se ba­tes on­der be­stuur het in sy boek­jaar tot ein­de Sep­tem­ber vir die eer­ste keer se­dert die fi­nan­si­ë­le kri­sis ge­daal. Dit volg ná groot ont­trek­kings deur be­leg­gers, waar­van die mees­te van pen­si­oen­fond­se was.

Sa­ke het ook be­rig Coro­na­ti­on het in die boek­jaar vir die eer­ste keer se­dert die fi­nan­si­ë­le kri­sis in 2008 meer ont­trek­kings as be­leg­gings van ge­wo­ne be­leg­gers ge­had.

Sy ba­tes on­der be­stuur is nou die laag­ste se­dert Maart 2014 toe dit R547 mil­jard was.

S­hams Pat­her, voor­sit­ter, het in jaar­ver­slag wat voor Fe­bru­a­rie se jaar­ver­ga­de­ring uit­ge­reik is, ge­sê Coro­na­ti­on is in ’n be­dryf be­trok­ke wat ’n si­klie­se aard het en die ba­tes on­der be­stuur kan op en af be­weeg.

“Die groot­te van die ba­tes wat hul­le be­stuur, be­perk al­le ba­te­be­stuur­ders. As hul­le te groot raak, word hul ver­moë om die mark te oor­tref on­der­myn.”

Hy sê dit is daar­om dat hul­le in 2012 van hul fond­se vir nu­we kli­ën­te ge­sluit het. Vol­gens hom het dit daar­toe ge­lei dat die ba­tes on­der be­stuur daal. In die boek­jaar tot ein­de Sep­tem­ber was daar ’n to­ta­le net­to uit­vloei van R79 mil­jard.

“Ons doel is om al­le stap­pe moont­lik te doen om die toe­koms­ti­ge be­leg­gings­uit­koms­te vir kli­ën­te te be­skerm.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.