Staan op­sy, Samsung, hier kom die C­hi­ne­se slim­fo­ne

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Ná ’n moei­li­ke 2016 – waar slim­foon­ver­ko­pe on­der druk ge­kom het – wys nu­we ver­koop­sy­fers dat ver­brui­kers nog slim­fo­ne wil hê en dat ver­vaar­di­gers se vlag­skip­fo­ne nog net so ge­wild as ooit te­vo­re is.

Dit is wel die C­hi­ne­se slim­foon­ver­vaar­di­gers wat die vin­nig­ste groei en wat be­sig is om Samsung en Ap­ple in te haal.

Vol­gens die In­ter­na­ti­o­nal Da­ta Cor­po­ra­ti­on (IDC) se Wor­ld­wi­de Qu­ar­ter­ly Mo­bi­le P­ho­ne Trac­ker is 347,4 mil­joen slim­fo­ne wê­reld­wyd in die eer­ste kwar­taal van­jaar ver­koop.

Dit is 4,3% meer as die­self­de kwar­taal ’n jaar te­vo­re en meer as die ra­ming van 3,6% deur die IDC self.

“Die slim­foon­ver­koop­sy­fers vir die eer­ste kwar­taal be­wys ver­der dat die slim­foon­be­dryf nie dood is nie en dat dit steeds groei,” sê Ry­an Reith, hoof van IDC se Wor­ld­wi­de Qu­ar­ter­ly Mo­bi­le De­vi­ce Trac­ker.

“Daar is geen kwes­sie dat 2016 ’n deur­slag­ge­wen­de jaar vir die be­dryf was nie, met groei wat vir die eer­ste keer tot nog toe ge­daal het tot lae en­kel­sy­fers,” sê Reith.

Hy sê die be­dryf gaan van­jaar ster­ker groei.

Die groot­ste groei in die slim­foon­mark kom wel steeds hoof­saak­lik van ’n paar C­hi­ne­se ver­vaar­di­gers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.