Rom­mel­sta­tus: Ja, jy moet bang wees

Beeld - - Sake Nuus - Jo­han Wil­lem­se

Daar word baie ge­skryf oor die kre­die­taf­gra­de­ring en die ge­vol­ge op ma­kro-e­ko­no­mie­se vlak, maar dit is of al­mal weg­skram van die feit dat ons ’n moei­li­ke e­ko­no­mie­se tyd­perk in­gaan.

E­ko­no­mie­se groei wat al na­by nul was in 2016 gaan ver­der daal om­dat bit­ter min be­sig­he­de in dié on­se­ker tye nu­we in­ves­te­rings gaan maak. In­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers, ver­al wat vas­te in­ves­te­ring be­tref, het ook be­gin ver­dwyn.

Die kan­se is goed dat ons – ná ver­le­de jaar se 0,3%-groei­koers – van­jaar in ’n e­ko­no­mie­se re­ses­sie gaan be­land. Dit is waar dat die re­kord­so­mer­graan­oes die plat­te­land­se e­ko­no­mie ’n hup­stoot sal gee, maar dit is te be­twy­fel of dit ge­noeg sal wees om ’n re­ses­sie af te weer. K­lein­han­de­laars in voed­sel rap­por­teer al dat vo­lu­me­ver­ko­pe in die jong­ste maand met so­wat 5% ge­daal het – een van die min “re­ses­sies” waar voed­sel­ver­ko­pe in vo­lu­me daal!

Wat kan ons ver­wag? Na­tuur­lik is die groot vraag wan­neer gaan die rand werk­lik sy waar­de be­gin ver­loor en hoe vin­nig en hoe ver gaan die rand daal? Dit is ’n nood­wen­di­ge ge­volg van die af­gra­de­ring deur­dat bui­te­land­se be­leg­gings­fond­se se man­da­te hul­le ver­bied om in rom­mel­sta­tus­lan­de te in­ves­teer, en hul­le sal hul be­leg­gings in SA in die vol­gen­de jaar aan­sien­lik moet ver­min­der. Voeg hier­by dat ons ban­ke ook ou­to­ma­ties af­gra­deer is na rom­mel­sta­tus, want ban­ke kan nie ’n ho­ër kre­diet­gra­de­ring hê as die land nie.

Hier­teen­oor staan die so­ge­naam­de dra­geld, waar in­ter­na­si­o­na­le kort­ter­myn­fond­se vir kor­ter tyd­per­ke kon­tant in die SA geld­mark par­keer, want ont­hou, ons kort­ter­myn­ren­te­koer­se van rond­om 8% is baie aan­trek­lik teen­oor die VSA en eu­ro­ge­bied se so­wat 1%-koers. Ont­hou ver­der ook dat SA een van die bes­te geld­stel­sels ter wê­reld het wat geld­mark­tran­sak­sies baie ver­ge­mak­lik. Geld­mark­be­leg­gers kan let­ter­lik met die druk van ’n knop­pie geld ver­skuif – teen­oor baie an­der op­ko­men­de e­ko­no­mieë waar re­ge­rings­goed­keu­ring eers ge­kry moet word.

Die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie het ’n e­nor­me te­kort aan ka­pi­taal – die re­ge­ring het vir die jaar be­groot vir ’n te­kort van R150 mil­jard, wat bin­ne­lands of bui­te­lands ge­leen moet word. Hier­by moet ge­voeg word die staats­on­der­ne­mings wat ook baie mil­jar­de ran­de per jaar op die ka­pi­taal­mark leen.

Voeg hier­by ’n lo­pen­de­re­ke­ning­te­kort wat rond­om R200 mil­jard per jaar wis­sel. Jy hoef nie slim te wees om te be­sef dat ons brood­no­di­ge in­ter­na­si­o­na­le ka­pi­taal no­dig het nie. Ver­al as ’n mens in ag neem dat huis­hou­dings s­legs so­wat 1,2% van hul in­kom­ste spaar en dat die SA e­ko­no­mie as ge­heel ’n baie lae spaar­ge­neigd­heid het. Ons be­no­dig aan­sien­li­ke be­drae bui­te­land­se ka­pi­taal el­ke jaar om ons e­ko­no­mie te laat groei.

Dit is on­af­wend­baar dat ren­te­koer­se deur die loop van die jaar sal moet styg om te pro­beer om wel kort­ter­myn­ka­pi­taal die land in te kry en die wis­sel­koers te pro­beer stut. Bui­te­lan­ders sal wel oor­weeg om kort­ter­myn­ka­pi­taal hier te plaas, mits die ren­te­koers hul­le vir die ho­ër ri­si­ko ver­goed.

Die ma­te waar­in die ren­te­koers na ver­wag­ting sal styg, sal be­paal word deur die rand se uit­ein­de­li­ke ver­swak­king. Daar­mee saam gaan ons met ’n swak­ker wis­sel­koers na ’n ho­ër in­fla­sie­tra­jek be­weeg.

S­ty­gen­de brand­stof­pry­se is ook ’n ge­volg en raak mil­joe­ne wer­kers el­ke dag.

Vak­bon­de gaan baie mi­li­tan­ter raak wat be­tref loon­ver­ho­gings.

Die staat gaan ook be­las­tings bly ver­hoog, want een van die hoof­re­des vir die in­ter­na­si­o­na­le kre­die­taf­gra­de­ring is die feit dat hul­le meen dat die re­ge­ring moei­lik sy groei­en­de staat­skuld sal kan diens, ver­al met ’n e­ko­no­mie wat al hoe min­der groei en werk­loos­heid wat bly toe­neem. Hoe kan jy nog be­las­ting wurg uit so ’n e­ko­no­mie son­der om groei tot stil­stand te bring?

Gra­fiek 1 toon die ver­loop van e­ko­no­mie­se groei in pres. Ja­cob Zu­ma se amps­ter­myn en die mees­te e­ko­no­me ver­wag dat SA se e­ko­no­mie in 2017 heel moont­lik ’n ne­ga­tie­we groei­koers gaan haal en in ’n re­ses­sie be­land. In­fla­sie gaan styg en so ook ren­te­koer­se – al­les in­ge­vol­ge die re­ge­ren­de par­ty se hui­di­ge be­leid.

Ban­ke draai kra­ne toe Ban­ke het al ge­skrik, die kre­diet­kra­ne be­gin toe­draai en hul tel­kaart vir kre­diet­be­oor­de­ling vir in­di­vi­due en klein­sa­ke moei­li­ker ge­maak. Dit gaan in die vol­gen­de tyd in die SA e­ko­no­mie moei­lik wees om vir nu­we kre­diet te kwa­li­fi­seer.

Ge­ge­we die bo­ge­noem­de sce­na­rio sal dit wys wees om die som van jou be­sig­heid/huis­hou­ding se kon­tant­vloei vir die vol­gen­de min­stens 18 tot 24 maan­de te her­be­re­ken.

Ek dink jy moet be­groot op uit­ga­wes­ty­gings van so 8% tot 10% per jaar in jou al­ge­me­ne kos­tes en dié van die huis­hou­ding.

Ren­te­kos­te gaan heel moont­lik met so een per­sen­ta­sie­punt styg en ban­ke het al be­gin om vir nu­we kre­diet so 2% tot 3% bo pri­ma­koers aan te bied (en die pri­ma­koers gaan styg).

Dit is on­waar­skyn­lik dat sa­la­ris­ver­ho­gings in die pri­va­te sek­tor in­fla­sie gaan klop. Dit is ’n ope vraag of die re­ge­ring sa­la­ris­sty­gings in die o­pen­ba­re sek­tor gaan rem, ver­al as hul weer stem­me moet “koop” en ka­bi­nets­mi­nis­ters sê daar “is niks ge­vaar­liks” aan kre­die­taf­gra­de­ring nie.

Moet jy bang wees?

Ja, on­ge­twy­feld sal jy nuut moet dink oor jou huis­hou­ding en be­sig­heid se geld­sa­ke. Jy sal die rie­me dun­ner moet sny en bo­wen­al sal jy moet be­groot om geld te spaar en ruim­te op jou be­gro­ting te laat.

Ont­hou, dit is ’n to­taal nu­we e­ko­no­mie­se land­skap wat baie on­vrien­de­li­ker gaan wees as waar­aan ons ge­woond is. Dit sal be­slis loon om kon­ser­wa­tie­wer te wees en voor te be­rei vir ’n ver­de­re re­ses­sie­tyd­perk en s­ty­gen­de uit­ga­wes – dank­sy Zu­ma se to­taal on­sin­ni­ge e­ko­no­mie­se be­leids­be­na­de­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.