Jy kan vrien­de wees én saam sa­ke doen, sê dié 2 vroue

Beeld - - Sake Nuus -

Twee vrien­de het die kon­ven­si­o­ne­le raad om nie vriend­skap en sa­ke te meng nie ge­ïg­no­reer en be­sluit hul­le kan ven­no­te word én vrien­din­ne bly.

Li­a­na Moc­ke het Nom­hi Mt­we­cu en Nomhle Dy­wi­liKe­te­lo ge­vra hoe hul­le daar­in slaag om 20 jaar la­ter steeds ven­no­te te wees én vrien­de te bly.

Ver­tel meer van jul on­der­ne­ming.

Ons on­der­ne­ming, Si­na­ko Fa­ci­li­ties Ma­na­ge­ment, ver­skaf ge­kon­trak­teer­de skoon­maak­diens­te. Ons kli­ën­te sluit in groot kor­po­ra­tie­we on­der­ne­mings en ons ver­skaf skoon­maak­diens­te by ont­ha­le, sko­le, trein­sta­sies en nog ve­le meer.

Wat is jul ge­heim om die vriend­skap en ven­noot­skap ná 20 jaar steeds ge­sond te hou?

Ons is eer­lik en reg­uit. Ons praat oor al­les en glo ver­troue is be­lang­rik. Die ge­heim is om nie swak sa­ke­be­slui­te te neem ter wil­le van ons vriend­skap nie. As ons moei­li­ke be­slui­te neem, weet al­bei dit is nie per­soon­lik nie en ver­trou dit is die bes­te vir ons on­der­ne­ming.

Wat is die voor­deel van jul vriend­skap vir die on­der­ne­ming? Dit is juis dat ons me­kaar ver­trou en al ge­leer het om din­ge nie per­soon­lik op te neem nie.

Waar het jul vriend­skap be­gin?

Ons is se­dert la­er­skool vrien­din­ne en het saam in Gu­gu­let­hu bui­te Kaap­stad groot­ge­word. In die a­part­heids­ja­re het ons nooit daar­aan ge­dink dat ons sa­ke­vroue sou word nie.

Hoe het jul­le uit­ein­de­lik be­gin?

In 1994 het Nel­son Man­de­la men­se aan­ge­moe­dig om din­ge vir hul­self te be­gin doen, die Vu­ku­zen­ze­le-era! Ons het toe ook ge­voel ons kan nie ver­der vor­der in ons loop­ba­ne nie. Ma­di­ba se aan­moe­di­ging het ons aan­ge­spoor om iets op ons eie te pro­beer. Nomhle was be­trok­ke in ’n fa­mi­lie­on­der­ne­ming wat mat­te ge­was het en ons het ge­re­ken ons kan die skoon­maak­be­dryf pak.

Was dit mak­lik om jul eie on­der­ne­ming te be­gin?

Ons was vas­be­slo­te en pas­sie­vol. Maar dit was nie so mak­lik

nie. Ons moes gou leer wat din­ge soos “stra­te­gie­se do­ku­men­te” en “aan­vangs­ka­pi­taal” be­te­ken, goed wat nuut was vir ons wat uit die towns­hips kom.

Ons het ook nie ’n sent ge­had toe ons be­gin het nie en het fa­mi­lie­le­de ge­vra om te help.

Wat was van die moei­lik­ste les­se en hin­der­nis­se wat jul­le moes leer en oor­kom?

Ons eer­ste groot deur­braak was ’n kon­trak om die lug­ha­we in Port E­li­za­beth skoon te maak. Ons het ge­hoop dit sou ge­noeg

wees om meer ka­pi­taal in die han­de te kry, maar dit was nie. Ons moes leer ban­ke kyk nie net na jou as ’n mens en jou ka­rak­ter nie! Ons het ge­leer as jy fi­nan­sie­ring soek, moet jy by­voor­beeld on­der­vin­ding hê in die sa­ke­om­ge­wing waar­in jy jou be­vind, as­ook fi­nan­si­eel sta­biel wees – twee din­ge wat ons toe nie ge­had het nie.

Wat­ter plan­ne het jul­le toe ge­maak ná dié be­sef?

Ons het be­sef ons kon nie die eer­ste groot kon­trak vir die lug­ha­we op­mors nie en moes dit so goed as moont­lik doen juis om ’n goeie re­pu­ta­sie te bou.

Ons het ons goeie on­der­han­de­lings­vaar­dig­he­de in­ge­span en kon ons skoon­maak­mid­dels en die che­mi­ka­lieë op kre­diet by die ver­skaf­fers kry.

Wat­ter les­se het jul­le nog ge­leer?

’n Mens gee nie som­mer in as daar strui­kel­blok­ke op jou pad kom nie. Ons het ge­leer as deu­re nie oop­gaan nie, kyk jy vir ’n ven­ster om deur te skreeu!

Soms móét jy a­we­reg­se ma­nie­re soek om te slaag en na in­no­ve­ren­de al­ter­na­tie­we soek om jou droom te ver­we­sen­lik.

Wan­neer het jul­le suk­ses be­gin smaak?

Ons het gou trein­sta­sies be­gin skoon­maak, as­ook stu­den­te­huis­ves­ting by ’n u­ni­ver­si­teit in die va­kan­sies en die lang­ter­myn­kon­trak by die lug­ha­we. Ná vier jaar het ons die wins­drem­pel oor­ge­steek en ons kon be­gin dink aan uit­brei­ding.

Ons het ons­self in 2007 her­po­si­si­o­neer en was die eer­ste fa­si­li­tei­te-be­stuurs­maat­skap­py in die Wes-Kaap wat deur swart vroue be­sit word. Ons het kon­trak­te by groot maat­skap­pye, soos San­lam.

Nom­hi Mt­we­cu (links) en Nomhle Dy­wi­li­Ke­te­lo van Si­na­ko Fa­ci­li­ties Ma­na­ge­ment.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.