Fun­da­men­te­le fak­to­re gee aan­de­le hup­stoot

Beeld - - Sake Nuus - Chris Harm­se

Voor­uit­sig­te vir ’n ster­ker ver­e­nig­de Eu­ro­pe­se U­nie (EU) ná die Fran­se ver­kie­sing, goeie wins­voor­uit­sig­te vir A­me­ri­kaan­se maat­skap­pye en SuidA­fri­ka se sterk han­dels­oor­skot van meer as R11 mil­jard in Maart het aan­deel­pry­se ver­le­de week ’n ste­wi­ge hup­stoot ge­gee.

Die swak­ker rand­wis­sel­koers het ook daar­toe by­ge­dra dat die prys van ver­al rand­ver­skans­te aan­de­le sterk styg.

Die on­se­ker­heid oor Moody’s se gra­de­ring bin­ne ’n week of so en ’n vrees dat Suid-A­fri­kaan­se staats­ef­fek­te uit die in­deks van op­ko­men­de lan­de se ef­fek­te ge­laat gaan word, plaas die rand on­der ver­de­re druk.

Die swak­ker rand het ver­al daar­toe by­ge­dra dat die prys van pe­trol en die­sel mô­re skerp styg.

Die JSE het ver­le­de week en vir A­pril ’n baie goeie her­stel be­leef. Die in­deks van al­le aan­de­le (Al­si) het in die week met meer as 1 600 pun­te ge­styg (3,1%) en was teen die slui­ting Vry­dag reeds 6,2% ho­ër vir die

jaar tot dus­ver.

Wat die sek­to­re be­tref, het die ny­wer­heid­sek­tor ver­le­de week met 3,5% ver­be­ter, die fi­nan­si­ë­le sek­tor met 3,1% en die hulp­bron­sek­tor met 0,8%.

Dit blyk steeds dat die swak­ker rand voor­de­li­ger is vir ver­al kom­mo­di­teits­aan­de­le en die ny­wer­heid­sek­tor, waar die mees­te rand­ver­skans­te aan­de­le ver­han­del word.

Die swak­ker rand plaas groot druk op ban­ke ge­ge­we hul la­er kre­diet­gra­de­ring en die vrees dat sleg­te skuld kan toe­neem as ren­te­koer­se moont­lik weer styg. Op ’n jaar­grond­slag is die fi­nan­si­ë­le sek­tor 5,8% la­er. Die ei­en­doms­mark kor­re­leer daar­mee.

Hoe­wel die in­deks van ge­no­teer­de ei­en­dom ver­le­de week met 2,4% her­stel het, is dit steeds 0,2% af vir die jaar tot dus­ver en 5,8% la­er as ’n jaar ge­le­de. Die groot di­lem­ma waar­mee be­leg­gers sit en ook wat op­brengs­te op pen­si­oe­ne be­hels, is dat aan­deel­pry­se nou meer as ’n jaar lank sy­waarts be­weeg. So is die Al­si s­legs 1,6% ho­ër as ’n jaar ge­le­de. Ef­fek­te op die ka­pi­taal­mark se op­brengs oor ’n jaar styg eg­ter steeds met 10,9%, maar ver­keer on­der groot druk ge­ge­we die voor­uit­sig­te van ver­de­re af­gra­de­ring.

Die rand het ver­le­de week ver­der veld ver­loor. Die ster­ker han­dels­oor­skot in Maart kon die rand nie laat her­stel nie. Die rand het in die week met 20 sent teen­oor die dol­lar, of 1,5%, tot R13,36 ver­swak. Teen­oor die pond het die rand met 50 sent (3%) tot R17,27 te­rug­ge­sak. Die geld­een­heid het met 49 sent, of 3,5%, teen­oor die eu­ro ge­de­pre­si­eer en ver­han­del rond­om R14,56.

■ Dr. Chris Harm­se is hoof­e­ko­noom by Re­ba­lan­ce-fonds­be­stuur­ders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.