Af­fies kook op laas­te dag in Di­a­mant­stad

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) het gis­ter op die laas­te dag van die Wil­de­kla­wer-rug­by­toer­nooi sy twee­de groot­ste se­ge tot nog toe oor die Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua van Ge­or­ge be­haal.

Af­fies het die K­wag­gas met 34-0 af­ge­ran­sel en so­doen­de ver­goed vir hul ne­der­laag op die eer­ste dag teen Paul Roos Gim­na­si­um.

Af­fies en Ou­te­ni­qua het die eer­ste keer in 1985 krag­te ge­meet en Af­fies was nog nooit aan die ver­loor­kant nie.

Vir Af­fies het die los­ska­kel, Re­gardt Roets, uit­ge­blink, ter­wyl C­har­les Goed­hals, wat van los­ska­kel na heel­ag­ter ge­skuif is vir dié wed­stryd, ook sy kant ge­bring het.

Voor­langs het P­hi­lip Pot­gie­ter (agt­ste­man) en Ja­co La­bu­schag­ne (flank) die ma­sjien aan die gang ge­hou in die skrums en ook ’n paar sterk lo­pies in­ge­kry.

■ Die ver­ras­sings­pak­ket was son­der twy­fel die ge­dug­te span van Help­me­kaar Kol­le­ge, wat sy bui­ging in die toer­nooi ge­maak het.

Hel­pies het hul oor­tui­gen­de se­ge van 36-15 oor die Ho­ër­skool Di­a­mant­veld, die gas­heer­skool, op die eer­ste dag op­ge­volg deur Sel­bor­ne Col­le­ge van die Oos-Kaap dis­nis te hol vir ’n aan­skou­li­ke oor­win­ning van 28-5.

Die span van Jo­han­nes­burg het al die ska­de in die eer­ste helf­te aan­ge­rig en in die twee­de helf­te hul ver­de­di­gings­ly­ne uit­ge­stal met Sel­bor­ne wat net een drie kon druk.

Da­vid Ca­ry, Hel­pies se heel­ag­ter, het sy kleim op ’n trui in die Leeus se Cra­ven­week­span af­ge­steek met ’n ver­to­ning wat die keur­ders se aan­dag sou t­rek.

■ Ca­me­ron Huf­ke van die Ho­ër­skool Noord-Kaap het die twee­de jaar ag­ter­een­vol­gens ge­wys hy moet dop­ge­hou word. Hy het ’n blink ver­to­ning ge­le­wer in sy span se se­ge van 20-14 oor die Ho­ër­skool Dr. EG Jan­sen van Boks­burg.

Huf­ke, wat ver­le­de jaar die re­kord vir die mees­te pun­te in drie wed­stry­de (73) by die Cra­ven­week op­ge­stel het, het op heel­ag­ter sa­ke vir sy span be­heer en 15 pun­te by­ge­dra.

Noord-Kaap moes in die eer­ste wed­stryd die knie buig teen Ou­te­ni­qua met 28-21 met Huf­ke wat ook toe in die kol­lig was.

Jan­sies sal hul­self vin­nig moet reg­ruk voor­dat hul­le die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in die eind­stryd van die Tuks-reeks pak.

Ru­ben Mei­ring, vleu­el van Af­fies, op die aan­val in sy span se wed­stryd teen Ou­te­ni­qua. Fo­to: ACTIONPIX | FRANS LOMBARD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.