Sen­ter­stryd wag in Puk P­res­ti­ge­eind­stryd

Beeld - - Sport - Ma­ri­us Nor­tjé

’n Li­plek-lek­ker twee­stryd tus­sen die sen­ter­pa­re van die Ho­ër­skool Lich­ten­burg en die Ho­ër­skool Ma­rais Vil­joen word Sa­ter­dag in die eind­stryd van die Puk­ke P­res­ti­ge-reeks in Pot­chef­stroom ver­wag.

Lig­gies, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, het Don­der­dag op die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te se hoof­veld vir die Ho­ër­skool Zwart­kop in dié span­ne se half­eind­stryd met 31-18 ge­klop. By die Ho­ër­skool Die An­ker het Ma­rais Vil­joen met 36-21 teen die Ho­ër­skool Mid­del­burg ge­se­ë­vier.

In Lig­gies se wed­stryd het hul mid­del­veld­spe­lers, die bin­ne­sen­ter Ren­co van Huys­steen en die bui­te­sen­ter T­ho­mas Be­von, die le­we moei­lik vir Zwart­kop ge­maak. Die twee spe­lers, saam met hul los­ska­kel, Lo­han Jahns, het die voor­deel­lyn mee­do­ën­loos aan­ge­val en keer op keer deur­ge­breek om die twee vleu­els, FC Vis­ser en Be­tru Jo­nes, in spa­sie te plaas.

Ren­co en T­ho­mas gaan eg­ter hul keer moet ken in die eind­stryd.

Ma­rais Vil­joen se sen­ter­paar van S­te­fan Cloe­te en Lu­ke Jon­ker het Mid­del­burg se ver­de­di­ging keer op keer oop­ge­kloof in die an­der half­eind­stryd.

Lig­gies het so iet­wat klei­ge­trap in die eer­ste 15 mi­nu­te en hul­le het ge­suk­kel om aan die gang te kom. Ge­luk­kig vir dié span, kon Zwart­kop nie daar­uit munt slaan nie.

Lich­ten­burg het met die aan­breek van die rus­tyd s­legs met 12-6 voor­ge­loop, maar net ná die rus­tyd het Ren­co sy ge­hal­te be­klem­toon en dwars­deur Zwart­kop se ver­de­di­gers ge­na­el.

Die half­eind­stryd tus­sen Ma­rais Vil­joen en Mid­del­burg het ook ge­suk­kel om aan die gang te kom.

Vrot dis­si­pli­ne van al­bei span­ne het dié stryd ook ver­suur.

’n Al­le­min­ti­ge vyf geel­kaar­te is ge­du­ren­de die wed­stryd uit­ge­deel. In die eer­ste helf­te het Mid­del­burg in ’n sta­di­um met 13 spe­lers teen Ma­rais Vil­joen se 14 ge­speel.

Ma­rais Vil­joen het le­lik deur­ge­loop en ná 25 mi­nu­te se spel het hy reeds 14 straf­skop­pe af­ge­staan. Die Al­ber­ton­ners sal dié kwaal moet uit­stryk voor hul eind­stryd teen Lich­ten­burg.

Ren­co van Huys­steen, Lich­ten­burg se kook­wa­ter­sen­ter, op die aan­val teen Zwart­kop. FC Vis­ser, Lig­gies se vleu­el (regs), sit hand by. Fo­to: MA­RI­US NOR­TJÉ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.