Net­bal: Par­kies as kam­pi­oen ge­kroon

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Die eer­ste net­bal­span van die Ho­ër­skool Men­lo­park in P­re­to­ria is as die kam­pi­oen van die Wil­de­kla­wer-net­bal­toer­nooi ge­kroon.

Die toer­nooi is Sa­ter­dag en gis­ter by die Ho­ër­skool Di­a­mant­veld in Kim­ber­ley ge­hou.

Die span van Men­lo­park was die e­nig­ste span wat uit die 36 wed­stry­de, wat tus­sen 12 span­ne be­slis is, as on­oor­won­ne uit die stryd kon tree.

Die Par­kies het die Ho­ër­skool Ben Vor­ster (28-21), die Ho­ër­skool Rus­ten­burg (2710), die Ho­ër­skool S­tel­len­berg (34-26) en die Ho­ër­skool Sen­traal (40-17) ge­klop voor­dat hul­le S­tel­len­berg ’n twee­de keer ge­klop het. Hul­le was in ’n na­el­byt-eind­stryd net-net baas met 26-25.

Die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool van P­re­to­ria het self be­ïn­druk en ein­de­lik twee­de ge­ëin­dig met se­ges oor Paarl Gim­na­si­um (25-20), Pot­chef­stroom Gim­na­si­um (34-14), Di­a­mant­veld (33-19) en S­tel­len­berg (26-25).

Af­fies se e­nig­ste blaps was teen die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof toe hul­le met 14-15 vas­ge­val het.

S­tel­len­berg het self keer op keer sy krag ge­wys en die toer­nooi in die der­de plek af­ge­sluit.

Men­lo­park se Clau­dia Jar­rard, Da­niel­la Coet­zer en C­ha­nel Ve­ry was drie van die toer­nooi se groot­ste uit­blin­kers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.