REISPROBLEME KRAP KAARTE VER­DER DEURMEKAAR S­tor­mers­kri­sis ver­diep voor stryd

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

As­of die be­se­rings nie erg ge­noeg is nie, het reisprobleme nou die S­tor­mers se kaarte ver­der deurmekaar ge­krap.

Twee van die ver­ster­kings wat na Nieu-See­land ont­bied is vir Vry­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton – die flank Ryn­hardt El­stadt en los­ska­kel Da­mi­an Wil­lem­se – sal hul­le eers van­aand by die groep kan aan­sluit om­dat hul vlug weens me­ga­nie­se pro­ble­me met ’n dag ver­traag is.

Die S­pring­bok-sen­ter Ju­an de Jongh en die stut Cay­lib Oost­hui­zen het in­tus­sen by die span in­ge­ska­kel.

Met dié dat drie ge­kon­trak­teer­de Bok­ke – Frans Mal­her­be (vas­kop­stut), E­ben Et­ze­beth en Pie­ter-S­te­ph du Toit (al­bei slot­te) – nie be­skik­baar is vir die krag­me­ting nie, kan De Jongh en El­stadt se er­va­ring baie werd wees.

Et­ze­beth (kuit) en Du Toit (knie) het las van ske­te, ter­wyl Mal­her­be in­ge­vol­ge die oo­reen­koms met die S­pring­bok­ke ’n ge­dwon­ge rus­kans kry.

Die stut JC Jan­se van Rens­burg het boon­op ook te­rug­ge­keer Kaap toe na­dat hy ’n bo­arm­spier teen die High­lan­ders ge­skeur het.

Die vraag is na­tuur­lik hoe sin­vol dit sal wees om vir El­stadt in die be­gin­span te kies in­dien hy net een vol­le oe­fen­ses­sie en ’n kap­teins­oe­fe­ning ag­ter die blad gaan hê.

Hy het pas her­stel van die en­kel­be­se­ring wat hy in die wed­stryd teen die Sun­wol­ves in Sin­ga­poer op­ge­doen het.

Op sy beurt keer De Jongh Die S­pring­bok­sen­ter Ju­an de Jongh het in­tus­sen by die span in­ge­ska­kel.

te­rug van die knie­be­se­ring wat hy in Fe­bru­a­rie in die voor­sei­soen­se wed­stryd teen die Leeus op­ge­doen het.

Die S­tor­mers se si­tu­a­sie is nou so des­pe­raat dat hul af­rig­ter, Rob­bie F­leck, hom nie te veel aan ’n ge­brek aan spe­lers se wed­stryd­fiks­heid sal steur nie.

“Hier­die is ’n jong span en al­mal het ge­weet dit gaan taai raak, so ou­ens soos Ju­an en Ryn­hardt kan ge­wel­dig baie waar­de op en weg van die veld toe­voeg.

Hul­le sal be­slis oor­weeg word,” het F­leck gis­ter in ’n te­le­fo­nie­se on­der­houd ge­sê. Hy het by­ge­voeg dat sy kap­tein, Siya Ko­li­si, goeie vor­de­ring maak met sy her­stel van ’n skou­er­be­se­ring. In­dien Ko­li­si nie be­tyds her­stel nie, sal De Jongh waar­skyn­lik die span aan­voer. Dit sal in­te­res­sant wees om te sien waar F­leck vir De Jongh kies, want EW Vil­joen vaar baie goed in sy ver­ko­se po­si­sie van bui­te­sen­ter.

Moont­lik sal De Jongh op bin­ne­sen­ter in­ska­kel.

Die an­der op­sie is om vir Vil­joen vleu­el toe te skuif om die S­tor­mers meer van ’n fi­sie­ke teen­woor­dig­heid op die pun­te te gee.

Ter­wyl die ag­ter­ste drie­hoek van SP Ma­rais, C­heslin Kol­be en Dil­lyn Leyds goed vaar op die aan­val, is die S­tor­mers se ver­de­di­ging in die wye ka­na­le ’n be­dui­den­de pro­bleem.

F­leck gee toe dat die ramp­spoe­di­ge toer van Nieu-See­land die uit­vloei­sel is van die S­tor­mers se ge­bre­ke wat nou teen van die bes­te span­ne in die reeks bloot­ge­lê word.

“Die span­ne was in ons eer­ste ses wed­stry­de nie goed ge­noeg om ons fou­te ten vol­le uit te buit nie. Hier word jy wreed ge­straf – of dit nou die af­staan van be­sit, ’n swak skop of swak be­sluit op die ver­de­di­ging is,” sê hy.

Moet eg­ter nie ver­wag dat die S­tor­mers ’n nu­we tak­tie­se koers gaan in­slaan nie. F­leck wys daar­op dat hul­le goeie din­ge op die aan­val doen, maar vir fla­ters ge­straf word.

“Die S­tor­mers van ouds sou waar­skyn­lik in hul dop ge­kruip het en die klem op ver­de­di­ging en skop­werk ge­plaas het, maar ons gaan dit nie doen nie,” sê F­leck.

“Ons wil met ons aan­val én ver­de­di­ging ver­be­ter. Ons moet weer speel soos in daar­die eer­ste ses wed­stry­de van ons veld­tog.”

Teen die Hur­ri­ca­nes kan dit lol, maar vol­pun­te aan F­leck vir ’n po­si­tie­we in­ge­steld­heid.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.