Way­de, Cas­ter oor­heers in Kaap

Se­me­nya ver­o­wer drie gou­es

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Way­de van Nie­kerk het Sa­ter­dag in Kaap­stad sy se­ge­tog in die 200 m op die Suid-A­fri­kaan­se S­tu­den­te-kam­pi­oen­skap voort­ge­sit.

Dit volg na­dat hy Vry­dag die nuut­ge­kroon­de Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen in die 400 m, Pie­ter Con­ra­die, in dié i­tem ge­klop het.

Van Nie­kerk lyk goed op dreef en het met die groot­ste ge­mak ko­ning ge­kraai in die 200 en die 400, die i­tem waar­in hy die O­lim­pie­se kam­pi­oen en wê­reld­re­kord­hou­er is.

Dié Ko­v­sie-at­leet het Vry­dag die 400 in ’n tyd van 46.28 se­kon­des ge­wen voor­dat hy Sa­ter­dag in die 200 met ’n tyd van 20.10 ge­se­ë­vier het.

Suid-A­fri­ka se goue vrou, Cas­ter Se­me­nya, het een stap

ver­der ge­gaan en al drie i­tems waar­aan sy deel­ge­neem het, ge­wen. Se­me­nya het die 400 (51.84), 800 (2:00.99) en 1 500 (4:16.87) moei­te­loos ge­wen.

Die spoed­vraat T­han­do Ro­to is as kam­pi­oen in die 100 ge­kroon. Sy wen­tyd was ’n haas­ti­ge 10.14.

Rushwahl Sa­maai, wat op die se­ni­or kam­pi­oen­skap be­ïn­druk het in die ver­spring toe hy met die sil­wer­me­dal­je weg­ge­stap het, het Vry­dag 8.35 m ge­spring om dié i­tem te wen.

Way­de van Nie­kerk be­haal ’n ge­mak­li­ke se­ge in die eind­ron­de van die 200 m op die SA S­tu­den­te­by­een­koms in die Groen­punt­sta­di­on in Kaap­stad. Fo­to: GALLO IMAGES

Cas­ter Se­me­nya het drie goue me­dal­jes in Kaap­stad in­ge­ryg. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.