S­tings, Ja­guars gee die net­bal­pas aan

Beeld - - Sport - Ann­chen Nel

Ná twee na­we­ke van P­re­mier­liga-net­bal­ak­sie is die Sout­hern S­tings van die Wes-Kaap en die Ja­guars van Noord-Gau­teng die on­oor­won­ne span­ne.

Al­bei span­ne het drie wed­stry­de ge­wen en ses liga­pun­te ver­sa­mel.

Die S­tings het Son­dag in Dur­ban oor­tui­gend met 60-23 met die King­dom S­tars af­ge­re­ken. Sa­ter­dag het hul­le die Vry­staat­se C­ri­nums met 45-35 ore aan­ge­sit.

Die Ja­guars het op hul beurt die Di­a­monds van die Noor­dKaap Sa­ter­dag met 81-19 af­ge­slag. Dit is die groot­ste pun­te­ver­skil se­dert die be­gin van dié reeks in 2014.

Die S­tings-hoof­ver­de­di­ger, P­hum­za Ma­we­ni, het in al­bei wed­stry­de uit­ge­blink.

Sasha-Lee Pe­ter­sen (ver­de­di­gen­de vleu­el) en S­han­non Bart­lett (sen­ter) het teen die S­tars puik ge­speel.

An­ne­lie Lu­cas, die S­tings-af­rig­ter, sê haar span kry nou goeie mo­men­tum, die kom­bi­na­sies werk goed en die kom­mu­ni­ka­sie is puik.

Die Ba­o­babs van Lim­po­po spog met die der­de plek op die pun­te­lys. Hul­le het hul twee­de oor­win­ning van die reeks be­haal toe hul­le die Di­a­monds Son­dag met 54-20 ge­klop het.

Die Ba­o­babs het ver­le­de jaar laas­te ge­ëin­dig, maar toon baie ver­be­te­ring on­der hul nu­we af­rig­ter, Du­mi­sa­ni C­hau­ke.

Die wed­stry­de skuif nou na Kaap­stad. Die na­week se krag­me­tings vind by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad plaas.

Die Ja­guars pak die Fla­mes van Noord­wes Vry­dag om 20:00. Die S­tings speel Sa­ter­dag om 12:00 teen hul Oos-Kaap­se bu­re, die Aloes.

P­hum­za Ma­we­ni van die S­tings. Fo­to’s: BACKPAGEPIX

Ts­hi­na M­dau van die Ja­guars en Fe­li­ci­ty Mo­got­si van die Di­a­monds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.