Dít help Leeus ge­skie­de­nis maak

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die ver­troue wat sy spe­lers in me­kaar het, het Sa­ter­dag die deur­slag ge­gee dat die Leeus ’n vol­tal van vyf liga­pun­te kon ver­werf in hul Su­per-rug­by­wed­stryd teen die We­stern For­ce in Perth, sê Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter.

“Die ou­ens het ka­rak­ter ge­toon daar twee mi­nu­te voor die ein­de toe ons net 17-15 voor was en ons met ’n straf­skop ’n lyn­staan af­ge­dwing het en toe weer ’n straf­skop ge­kry en weer ’n lyn­staan af­ge­dwing het. Ver­al ook toe ons daar­na nóg ’n straf­skop ge­kry het en die skrum ge­vat het en die bo­nus­punt­drie kon druk. Wys jou net wat­ter ver­troue die ou­ens in me­kaar het,” sê hy.

Die mees­te span­ne sou in daar­die si­tu­a­sie waar­skyn­lik net te­vre­de ge­wees het om die bal uit te skop en nie die ri­si­ko te neem dat die teen­stan­ders be­sit kon kry en die leng­te van die veld vor­der om die wed­stryd te “steel” nie.

Nie die Leeus nie. Hul­le het ge­noeg ge­loof in hul eie ver­mo­ëns ge­had dat hul­le steeds daar­die bo­nus­punt­drie kon druk en daar­die ge­loof is be­loon met die laas­te be­we­ging van die wed­stryd wat El­ton Jan­tjies af­ge­rond het.

Die Leeus het met 24-15 ge­wen.

Perth is ’n plek waar die Leeus nog nooit kon wen nie en Ac­ker­mann het dit as ’n ge­skied­kun­di­ge se­ge be­skryf.

“Dit is ’n eer­ste vir my en ons be­stuur­span om hier­heen te kom en saam met ons span as oor­win­naars te kon weg­gaan. Die For­ce het dit baie moei­lik vir ons ge­maak met die druk wat hul­le op die af­breek­pun­te op ons ge­plaas het, as­ook met hul baie goeie ver­de­di­ging.

“Dit was be­lang­rik dat ons kalm moes bly met al die druk op ons.

“Ek weet ek ha­mer die laas­te ruk taam­lik daar­op, maar hier­die is eint­lik ’n heel nu­we groep wat ons het. Heel­wat spe­lers het nog nie baie ge­toer nie en om só ’n se­ge met ’n be­trek­lik nu­we groep te kon kry, is spe­si­aal,” ver­tel Ac­ker­mann.

“Ons het wel nie al­tyd goeie be­slui­te ge­neem nie en dit was ver van een van ons bes­te ver­to­nings, maar ek is trots op die spe­lers en hoe hul­le kop ge­hou het toe dit no­dig was.

“Dit sê baie vir ons ka­rak­ter en ons wil om suk­ses­vol te wees. Ek het met die For­ce se af­rig­ter, Da­ve Wes­sels, ge­praat en hy het ver­tel hoe ge­mo­ti­veer hul­le was om ’n punt te be­wys met die swaard wat oor hul kop­pe hang,” sê Ac­ker­mann.

Die Leeus se vol­gen­de uit­da­ging is Sa­ter­dag in Mel­bour­ne teen die Re­bels, wat die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag kwaai af­ge­stof is deur die Kings in Port E­li­za­beth.

Ac­ker­mann be­sef te­rug by die huis voor hul tuis­ska­re sal die Re­bels wil ver­goed vir die fi­as­ko in die Baai en dit sal hul­le ge­vaar­lik maak.

“Ons sal eg­ter maar soos al­tyd net kon­sen­treer op dit wat ons moet doen om suk­ses­vol te wees en nie té veel te wil kyk wat in die teen­stan­ders se kamp aan­gaan nie,” sê hy.

Be­hal­we vir die ge­bruik­li­ke stam­pe en sto­te wat die spe­lers moet ver­troe­tel in daar­die eer­ste paar dae ná ’n wed­stryd, is daar nie e­ni­ge erns­ti­ge be­se­rings by die Leeus nie.

Li­o­nel Ma­poe (links) en Court­nall S­ko­san vier dié vleu­el se drie vir die Leeus in Sa­ter­dag se se­ge oor die For­ce in Perth. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.