Pro­te­as ver­ste­wig hul greep op IKR se kits­rang­lys

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie, Reuters

Suid-A­fri­ka gaan vol­gen­de maand die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne-tro­fee bin­ne as die bes­te een­dag­span in wê­reld­krie­ket.

Die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad (IKR) het gis­ter sy jaar­lik­se wy­si­ging van die rang­lys­pun­te ge­doen en Suid-A­fri­ka het in die pro­ses met vier pun­te tot 123 ge­klim om op die kruin van die rang­lys te bly. Sy naas­te teen­stan­der is Aus­tra­lië op 118 pun­te.

Dit kom ná ’n ui­ters suk­ses­vol­le sei­soen waar­in Suid-A­fri­ka reek­se teen Aus­tra­lië, Sri Lan­ka en Nieu-See­land ge­wen het.

Suid-A­fri­ka het boon­op die tuis­reek­se teen die Aus­sies en Sri Lan­ka met 5-0 ge­wen.

In die jaar­lik­se pun­te­wy­si­ging word van die ou­er uit­slae weg­ge­laat om te ver­se­ker dat ’n span se on­lang­se peil gro­ter ge­wig dra.

’n An­der in­te­res­san­te as­pek is die po­si­sies wat Pa­ki­stan (agt­ste, 88 pun­te) en die Wes-In­die­se Ei­lan­de (ne­gen­de, 79) be­klee.

Die span­ne wat van­jaar ne­gen­de of swak­ker op die rang­lys is, sal vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in 2019 moet kwa­li­fi­seer.

Soos sa­ke nou staan, is die ou­to­ma­tie­se kwa­li­fi­seer­ders SuidA­fri­ka, Aus­tra­lië, In­dië (117), Nieu-See­land (115), En­ge­land (109), Sri Lan­ka (93) en Bangla­desj (91).

En­ge­land sal on­ge­ag sy rang­lys­po­si­sie kwa­li­fi­seer, om­dat hy die gas­heer van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi is.

In­tus­sen sal die In­die­se K­rie­ket­be­heer­raad (BCCI) Son­dag ver­ga­der om te be­sluit of hy die IKR se aan­bod van by­ko­men­de fi­nan­si­ë­le by­stand sal aan­vaar.

Die BCCI is ge­woond daar­aan om die ki­taar te slaan en sy on­lang­se ne­der­laag by die IKR (met 13-1), waar ’n nu­we in­kom­ste­ver­de­lings­mo­del in­ge­stem is, sou ’n skok ge­wees het.

In­ge­vol­ge dié nu­we mo­del sal die In­die­se sny van die koek dra­ma­ties klei­ner word.

In­dië sal nou “s­legs” $293 mil­joen van 2015 tot 2023 uit IKR­toer­nooie ver­dien, teen­oor die $570 mil­joen wat hy vol­gens die vo­ri­ge mo­del sou ver­dien het.

In­dië het in re­ak­sie hier­op ge­wei­er om sy groep vir die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne-tro­fee be­tyds be­kend te maak, wat ge­rug­te laat ont­staan het dat hy dit gaan oor­weeg om die toer­nooi te boi­kot.

Die IKR, on­der lei­ding van sy pre­si­dent, S­has­hank Ma­no­har, het ge­volg­lik ’n mo­sie ter ta­fel ge­lê om ’n by­ko­men­de $100 mil­joen aan In­dië te be­wil­lig.

Quin­ton de Kock was een van SuidA­fri­ka se uit­blin­kers in ’n suk­ses­vol­le een­dag­sei­soen. Fo­to: DENVOR DE WEE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.