Cru­sa­ders 2 ys­ters kwyt teen Bul­le

Kie­ran reeds ge­o­pe­reer

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Die Cru­sa­ders se agt­tal is twee van hul ys­ters kwyt vir hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Bul­le Sa­ter­dag op Lof­tus Vers­feld.

Dít volg na­dat die agt­ste­man, Kie­ran Re­ad, sy reg­ter­duim Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein teen die C­hee­tahs ge­breek het en hul kap­tein en slot, Sam W­hi­te­lock, gis­ter vir twee we­ke ge­skors is vir vuil­spel.

Die Cru­sa­ders het die krag­me­ting met die C­hee­tahs met 48-21 ge­wen.

Re­ad het die veld in die 37ste mi­nuut ver­laat en is reeds Sa­ter­dag­aand in die Ro­se­stad ge­o­pe­reer. Dié kap­tein van die All Blacks kan tot ses we­ke uit ak­sie wees wat sy deel­na­me aan die toets­reeks teen die B­rit­se en Ier­se Leeus, wat op 24 Ju­nie be­gin, in die ge­drang plaas.

Dit was Re­ad se der­de Su­per­wed­stryd van­jaar na­dat hy op 14 A­pril teen die Sun­wol­ves in Chris­t­church te­rug­ge­keer het van ’n o­pe­ra­sie aan sy pols­ge­wrig.

W­hi­te­lock is deur ’n San­zaar­tug­ko­mi­tee ge­skors na­dat hy die stut C­har­les Ma­rais met die reg­ter-elm­boog in die ge­sig ge­stamp

het na­dat hy met ’n af­skop ge­lak is.

Die voor­val het in die 71ste mi­nuut plaas­ge­vind en W­hi­te­lock is met ’n geel­kaart ge­straf.

Hy sal ook die Cru­sa­ders se tuis­wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes mis­loop.

W­hi­te­lock se voor­beel­di­ge ver­to­nings­lys in 110 Su­per­rug­by­wed­stry­de, as­ook in 84 toet­se vir die All Blacks, het mee­ge­bring dat hy vir net twee we­ke pleks van die aan­be­vo­le vier we­ke ge­skors is.

Die 20-ja­ri­ge slot Quin­ten S­tran­ge, wat in 2016 vir die Nieu-See­land­se o.20-span in die Ju­ni­or Wê­reld­toer­nooi ge­speel het, is as plaas­ver­van­ger na­der ge­trek. Hy het nog net een wed­stryd vir die Cru­sa­ders ge­speel.

In­tus­sen heers daar nog on­se­ker­heid in die Bul­le-kamp oor die be­skik­baar­heid van hul jong­ste C­hee­tahs-aan­wins, Boom Prins­loo. Dié los­voor­spe­ler het hom gis­ter by die Bul­le aan­ge­sluit na­dat hy ’n kon­trak van twee jaar on­der­te­ken het.

Prins­loo sal nie da­de­lik vir die Bul­le kan speel nie, nie­teen­staan­de ’n ver­kla­ring wat die Bul­le uit­ge­reik het.

’n San­zaar-re­ël be­paal dat ’n spe­ler wat in ’n span se 23-tal was, nie in die­self­de sei­soen vir ’n an­der span mag speel nie.

Prins­loo was die sei­soen in 13 mi­nu­te teen die Bul­le vir die C­hee­tahs in ak­sie waar­na hy ook net ses mi­nu­te speel­kans teen die Ja­gua­res ge­kry het.

Die Bul­le is dié sei­soen deur be­se­rings on­der hul los­voor­spe­lers ge­ry.

Xan­der Jan­se van Rens­burg, die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) se ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der, het ge­sê hul­le sal la­ter van­dees­week be­sluit oor wat­ter roe­te ge­volg sal word.

“Ons sal eers as ons Dins­dag (van­dag) te­rug op kan­toor is, be­sluit wat ons gaan doen. Ons het nog nie daar­aan ge­dink nie,” het Jan­se van Rens­burg gis­ter ge­sê.

■ Vi­deo van die W­hi­te­lock­voor­val op Net­werk24.com.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Cru­sa­ders se kap­tein en All Black­slot, Sam W­hi­te­lock, is vir twee we­ke ge­skors na­dat hy die C­hee­tahs se C­harl Ma­rais Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein met die elm­boog by­ge­kom het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.