Haaie, hou by dié suk­ses­vol­le blou­druk!

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Ro­bert du P­reez het toe al die tyd ’n mees­ter­plan ge­had!

Du P­reez, die Haaie se brei­er, het die wenk­broue laat lig toe hy ’n klomp voor­keur­spe­lers vir sy span se Su­per­rug­by-krag­me­ting met die Ja­gua­res Sa­ter­dag­aand in Bu­e­nos Ai­res laat rus het.

Of die brei­er sy groen­tjies die dood voor die oë ge­sweer het, sal ’n mens nou nie weet nie. Maar hy het iets reg ge­doen om sy spe­lers op te sweep, want hul­le het puik ge­speel om die Ar­gen­ty­ne met 33-25 te klop.

Dié ne­der­laag was ook die Ja­gua­res se eer­ste in drie tuis­wed­stry­de in van­jaar se reeks.

En dit was ver­al die nu­we­lin­ge wat be­ïn­druk het.

Die jong stut T­ho­mas du Toit het hom goed van sy taak ge­kwyt in die af­we­sig­heid van die er­va­re Bok Be­ast M­ta­wa­ri­ra.

Du Toit het ’n drie ge­druk ná goeie sa­me­spel met die plaas­ver­van­ger­stut Coe­nie Oost­hui­zen.

Na­dat die slot S­te­phan Le­wies die veld vroeg met ’n be­se­ring ver­laat het, het E­tien­ne Oost­hui­zen die veld vol ge­speel. Sy slot- ven­noot­skap met Ru­an Bo­tha was bit­ter be­lo­wend en Bo­tha se aan­de­le styg in el­ke wed­stryd.

Sy werk­ver­rig­ting was uit­ste­kend, hy was e­norm op die ver­de­di­ging en sy lyn­staan­spel was van die bes­te in die reeks.

Du P­reez moet dit ook oor­weeg om die flank P­hi­lip van der Walt vol­tyds kap­tein te maak. Van der Walt kom­bi­neer goed met die Du P­reez-t­wee­ling, Je­an-Luc (steel­kant­flank) en Dan (agt­ste­man), in die los­trio.

Die ge­reel­de kap­tein, Te­ra M­tem­bu, kan ’n waar­de­vol­le im­pak­spe­ler wees.

On­der die ag­ter­spe­lers was die jong Cur­win Bosch weer be­trou­baar as los­ska­kel na­dat hy ver­le­de week klip­pe ge­kou het teen die Mel­bour­ne Re­bels.

Me­nig­te on­der­steu­ners is gaan­de oor Bosch, maar sy lak­werk lol.

Ook daar­voor het Du P­reez ’n plan be­raam. Bosch ver­de­dig nooit in die los­ska­kel­ka­naal van eer­ste­fa­se-be­sit af nie. Wan­neer daar ’n skrum of ’n lyn­staan vir die teen­stan­ders is, ruil Bosch plek­ke met die steel­kant­vleu­el.

So­doen­de word hy nie bloot­ge­stel aan groot bal­dra­ers nie.

Aan Bosch se bui­te­kant het die bin­ne­sen­ter, Je­re­my Ward, skaf­lik ver­toon son­der om skou­spel­ag­tig te wees.

Ward (87 kg) het hard ge­werk op die ver­de­di­ging, maar hy sal straks ’n paar ki­lo­gram moet by­kry as hy werk­lik ’n goeie bin­ne­sen­ter wil word.

In R­hyno S­mith het Du P­reez ook ’n heel­ag­ter wat ’n wed­stryd van­uit die laas­te ves­ting kan swaai.

Sa­ter­dag wag die We­stern For­ce op die Haaie in Dur­ban. En Du P­reez sal die­self­de re­sep as die een in Ar­gen­ti­nië wil volg.

P­hi­lip van der Walt, die Haaie se flank en kap­tein, druk Sa­ter­dag­aand ’n drie teen die Ja­gua­res in Bu­e­nos Ai­res. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.