Do­nald in Sri Lan­ka se hoe­kie

Beeld - - Sport - – Reuters

Die voor­ma­li­ge Protea­snel­bou­ler

Al­lan Do­nald gaan Sri Lan­ka as ’n boul­kon­sul­tant by­staan ty­dens vol­gen­de maand se toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee in En­ge­land.

Do­nald sou aan­vank­lik dié win­ter as Kent se hulp­af­rig­ter in En­gel­se graaf­skap­skrie­ket diens ge­doen het, maar hy suk­kel nog om ’n werk­per­mit te kry en sal vol­gens die BBC eers vol­gen­de sei­soen daar in­val. Do­nald (50) het 272 paal­tjies in sy in­ter­na­si­o­na­le een­dag­loop­baan ge­neem. Hy was die boul­af­rig­ter van En­ge­land in 2007 voor­dat hy in 2011 Ga­ry Kirsten by­ge­staan het as die Pro­te­as se boul­af­rig­ter.

Hy was ook al ’n kon­sul­tant vir die Ni­euSee­land­se span.

Sri Lan­ka speel op 3 Ju­nie in sy eer­ste wed­stryd van die Kam­pi­oe­ne­toer­nooi teen die Pro­te­as in Lon­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.