Ou­ers in hof

Co­li­gny:

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus

Die twee mans van Co­li­gny wat van moord op ’n tie­ner­seun aan­ge­kla word, het glo ’n oog­ge­tuie dronk ge­maak, op hom ge­skiet en ge­maan om nie­mand van die ge­beu­re te ver­tel nie.

Dié ge­tui­e­nis is gis­ter in die land­dros­hof in die dorp ge­le­wer deur brig. C­lif­ford K­go­ra­ne, lid van die span wat Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) se dood op 20 A­pril on­der­soek.

Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34), wat gis­ter aan­soek om borg­tog ge­doen het, het hul­le ver­le­de week aan die po­li­sie oor­ge­gee ná ge­weld­da­di­ge be­to­gings in die dorp oor die seun se dood.

K­go­ra­ne het ge­tuig lui­dens die be­skul­dig­des se aan­vank­li­ke ver­kla­ring aan die po­li­sie het die seun van hul bak­kie af­ge­spring.

S­chut­te en Doore­waard het weg­ge­ry en nie hulp vir die be­seer­de seun ont­bied nie, maar die oog­ge­tuie glo ge­vra om by die seun te bly.

Hul­le is toe na die po­li­sie­kan­toor om die voor­val aan te meld. Hul­le het ge­sê hul­le kon nie op die to­neel bly nie, want hul­le het sa­ke om te doen, het K­go­ra­ne ge­tuig.

Die oog­ge­tuie het aan hom ge­sê die be­skul­dig­des het sy a­dres ge­neem en hom die Vry­dag­og­gend vroeg be­soek.

Die oog­ge­tuie het aan K­go­ra­ne ge­sê Doore­waard en S­chut­te het hom dronk ge­maak en ge­sê hy moet nie­mand van die voor­val ver­tel nie.

“Die oog­ge­tuie sê hul­le het hom op­ge­laai en na ’n dam ge­vat waar­na hul­le hom dronk ge­maak en voor die bak­kie laat hard­loop het ter­wyl hul­le op hom ge­skiet het.”

Vol­gens K­go­ra­ne is geen koe­ël­dop­pies op die to­neel ge­vind nie.

“Ek sou voor­stel dat die be­skul­dig­des nie op borg­tog vry­ge­laat word nie. Die vry­la­ting kan o­pen­ba­re on­rus in Co­li­gny ver­oor­saak. Hul­le moet vir hul eie vei­lig­heid in aan­hou­ding bly,” het K­go­ra­ne ge­sê.

Pie­ter Kar­sten, Doore­waard en S­chut­te se werk­ge­wer wat oor die be­skul­dig­des se ka­rak­ter ge­tuig het, het hul­le as hard­wer­kend be­skryf. Doore­waard is Kar­sten se sus­ters­kind.

“Pie­ter is sag­ge­aard, eer­lik en werk goed saam met al­mal in die Co­li­gny-ge­meen­skap . . .

“P­hil­lip, my vloot­be­stuur­der, speel ’n kar­di­na­le rol in my on­der­ne­ming en help o­ral waar ek hom no­dig het. Hy hou hom nie met an­der men­se se sa­ke op nie en het nog al­tyd pligs­ge­trou vir my ge­werk,” het Kar­sten ge­tuig.

Die borg­to­gaan­soek is tot va­nog­gend uit­ge­stel.

K­go­ra­ne sal sy ge­tui­e­nis dan voort­sit.

■ Vroe­ër is be­weer Mat­l­ho­mo­la en nog ’n seun is be­trap toe hul­le son­ne­blom­me ge­steel het.

Die an­der seun het glo weg­ge­hard­loop. Die be­skul­dig­des sou Mat­l­ho­mo­la toe ag­ter­op die bak­kie na die po­li­sie­kan­toor ge­bring het, maar hy het glo af­ge­spring.

Wy­le Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) se ou­ers, Sak­kie Ding­a­ke en Ag­nes Mos­weu, in die land­dros­hof in Co­li­gny. Fo­to: FE­LIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.