Fa­ce­book be­taal vir haar stu­die

S­ka­re­hulp:

Beeld - - Voorblad - Na­di­ne T­heron

Je­an­ne Pie­naar het ge­dink daar is ’n slang in die gras toe sy die CV van ’n vrou kry wat aan­soek doen om as skoonmaker in haar haar­sa­lon te werk.

Hoe­kom sal ie­mand wat el­ke jaar van haar LLB-stu­die die de­kaan se me­rie­te­lys ge­haal en selfs ’n prys vir de­lik­te­reg (met ’n punt van 96%) ge­kry het, aan­soek doen om ’n pos as skoonmaker of in ad­mi­nis­tra­sie?

Pie­naar was self ’n pro­ku­reur en het die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand (Wits) ge­bel om die aan­soe­ker se a­ka­de­mie­se ge­skie­de­nis aan te vra.

Die CV was eg. Die u­ni­ver­si­teit het laat weet dat Ne­sia C­hi­do Man­gu­le­ni nie haar fi­na­le pun­te en haar graad kon kry nie om­dat R51 000 vir haar fi­na­le jaar se klas­geld ag­ter­stal­lig is.

Man­gu­le­ni het toe nie die pos as skoonmaker by C­li­pin­hair in Kaap­stad ge­kry nie, maar sy kry haar LLB-graad.

Pie­naar het haar vir ’n on­der­houd ge­nooi.

“Sy was net­jies aan­ge­trek en baie se­nu­ag­tig,” sê Pie­naar.

“’n Mens kon sien dat sy die werk baie graag wou hê.”

Wat Man­gu­le­ni nie ge­weet het nie, is dat Pie­naar en haar vriend, Ja­co­bus K­riel van JaC Pro­duk­sies, vi­de­o­ka­me­ras in die win­kel ver­steek het so­dat sy met ’n vi­de­o­veld­tog die krag van so­si­a­le me­dia kon ge­bruik om haar te help.

Se­dert die vi­deo ver­le­de Woens­dag­mid­dag ge­plaas is, is dit meer as 1 500 keer op Fa­ce­book ge­deel.

Pie­naar be­lo­we in die vi­deo

om die be­drag wat in­ge­sa­mel word te e­we­naar tot­dat hul­le die stu­die­skuld kan delg.

Die tei­ken­be­drag is teen eer­gis­ter­mid­dag be­reik en gis­ter­og­gend kon Pie­naar Wits be­taal so­dat Man­gu­le­ni se laas­te pun­te uit­ge­reik kan word.

Ver­skeie regs­prak­ty­ke het Man­gu­le­ni in­tus­sen vir on­der­hou­de ge­nooi, on­der meer Bo­w­mans, een van die voor­stes.

Man­gu­le­ni het be­gin be­we en kon eers nie praat nie toe Pie­naar die plan aan haar be­kend maak. “Weet jul­le dat ek nie ’n Suid-A­fri­ka­ner is nie?” was een van haar eer­ste vrae.

Sy het in haar laas­te stu­die­jaar nie bly­plek ge­had nie en te mid­de van be­to­gings en ont­wrig­ting op die kam­pus het sy in Wits se bi­bli­o­teek ge­slaap en haar met Wet Wi­pes skoon ge­hou.

“My he­le le­we was be­sig om in duie te stort,” sê Man­gu­le­ni, ’n Zim­bab­wie­se bur­ger.

“My fa­mi­lie het al­les prys­ge­gee so­dat ek kan stu­deer, selfs hul huis.”

Ná die geld­in­sa­me­ling “het my ma ge­huil en kon nie ver­staan hoe­kom vreem­de­lin­ge be­reid was om my te help nie”.

Sy het om meer as 50 pos­te aan­soek ge­doen om haar stu­die­skuld te kan be­taal voor­dat haar CV op Pie­naar se les­se­naar be­land het.

“Ek is ’n baie pri­va­te per­soon en voel eint­lik on­ge­mak­lik oor al die aan­dag. Ek het nie­mand ooit ge­sê ek suk­kel nie.”

Sy be­oog om ’n mees­ters­graad in die reg­te te be­haal so­dat sy an­der studente kan help.

In­tus­sen word ’n plan be­raam om Man­gu­le­ni te laat rus en haar dan na Jo­han­nes­burg te laat vlieg vir haar gra­de­pleg­tig­heid.

“Ek wil nou net my graad kry,” sê Man­gu­le­ni. “Ek dink ek sal net on­be­heers be­gin huil om­dat dit so ’n e­mo­si­o­ne­le pad was om by hier­die punt uit te kom.”

Pie­naar hoop an­der sa­ke­on­der­ne­mings sal haar voor­beeld volg en me­kaar op so­si­a­le me­dia daag om men­se te help.

Ne­sia C­hi­do Man­gu­le­ni het be­gin be­we toe Je­an­ne Pie­naar sê sy het nie ’n pos as skoonmaker of in ad­mi­nis­tra­sie ge­kry nie, maar dat sy haar gaan help om ’n pro­ku­reur te word.

Die span van C­li­pin­hair by Man­gu­le­ni (mid­del), die vrou wat hul­le ge­help het. Van links is Mish Adams, Jess van Vuuren, Pie­naar en Lau I­ku­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.