‘El­vis werk al­leen om Zu­ma en an­der te ver­moor’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Die staat het geen ge­tui­e­nis dat El­vis Ra­mo­se­bu­di met ie­mand saam­ge­werk het toe hy na be­we­ring ge­dreig het om pres. Ja­cob Zu­ma en tal­le se­ni­or po­li­ti­ci en sa­ke­lui te ver­moor nie.

Ge­volg­lik word Ra­mo­se­bu­di (33) nie meer van sa­me­swe­ring tot moord aan­ge­kla nie, maar van aan­hit­sing tot moord, het P­hin­di M­jon­ond­wa­ne, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), gis­ter bui­te die land­dros­hof in Jo­han­nes­burg ge­sê.

“Sa­me­swe­ring be­hels dat min­stens twee men­se saam­ge­werk het om ’n mis­daad te pleeg.”

Sy sê hy het in ’n brief aan ’n voor­ma­li­ge werk­ne­mer van Ang­lo A­me­ri­can R60 mil­joen ge­vra om on­der an­de­re “pro­mi­nen­te mi­nis­ters” te ver­moor.

Ra­mo­se­bu­di het gis­ter sy ge­sig on­der die kap­pie van sy sweet­pak­baad­jie ver­berg toe hy by die hof­ge­bou se trap­pe op­ge­stap het.

Die saak is op ver­soek van adv. Ra­mai­li Mo­te­bang, Ra­mo­se­bu­di se regs­ver­teen­woor­di­ger, tot oor­mô­re vir ’n aan­soek om borg­tog uit­ge­stel.

Die staat sa­mel nog in­lig­ting in om die borg­to­gaan­soek teen te staan. M­jon­ond­wa­ne sê die staat het in­lig­ting wat daar­op dui dat die le­we van staats­ge­tui­es be­dreig kan word, sou hy op borg­tog vry­ge­laat word.

Jo­han Ba­den­horst, staats­aan­kla­er, het ge­sê na­ma­te die on­der­soek vor­der, sal die staat be­sluit of hy gaan vra dat Ra­mo­se­bu­di vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming ge­stuur moet word.

News24 het af­skrif­te be­kom van brie­we waar­in hy on­der­neem om die vol­gen­de men­se te ver­moor:

■ Die Gup­ta-broers A­jay, Ra­jesh en A­tul;

■ Du­du My­e­ni, SAL-voor­sit­ter;

■ Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke;

■ Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid;

■ Adv. S­haun A­bra­hams, hoof van die NVG; ■ Zu­ma se seun Du­du­za­ne;

■ Tom Moy­a­ne, kom­mis­sa­ris van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens; en

■ B­ri­an Mo­le­fe, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom.

In ’n twee­de brief was on­der an­de­re adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, M­ce­bi­si Jo­nas, voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies, Vy­tjie Men­tor, voor­ma­li­ge ANC-LP, en T­hem­ba Ma­se­ko, voor­ma­li­ge ka­bi­nets­woord­voer­der, op Ra­mo­se­bu­di se moord­lys. Rap­port be­rig hy het glo R75 mil­joen ge­vra om dié “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­ta­lis­te” te ver­moor.

El­vis Ra­mo­se­bu­di gis­ter in die land­dros­hof in Jo­han­nes­burg. Fo­to: JE­A­NEL­LE G­REY­LING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.