‘Wan­or­de’ ver­oor­deel

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Dié wat pres. Ja­cob Zu­ma en an­der ver­hin­der het om toe­spra­ke op Wer­kers­dag te le­wer, het die be­te­ke­nis van die dag tot “wan­or­de en on­ver­draag­saam­heid” ver­laag, sê die ANC.

Zi­zi Kod­wa, ANC­woord­voer­der, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê eng fak­sie­be­lan­ge het die be­lang­ri­ke kwes­sies van wer­kers­reg­te en die be­vor­de­ring van ’n be­staan­s­loon oor­ska­du.

“Die ANC ver­werp hier­die ge­drag ten sterk­ste. Die krag van die re­vo­lu­si­o­nê­re be­we­ging en ons al­li­an­sie be­rus op die goeie be­stuur van teen­stry­dig­he­de tus­sen al­li­an­sie­ven­no­te en op goeie dis­si­pli­ne.

“Daar is geen al­ter­na­tief vir een­heid in die ANC en die al­li­an­sie nie. Die ANC sal sy po­gings ver­skerp om een­heid in die be­we­ging en die al­li­an­sie te koes­ter.”

Hy sê nie­mand wen met o­pen­ba­re on­e­nig­heid nie. Dit ver­swak die al­li­an­sie net.

A­lex Mashi­lo, SAKP­woord­voer­der, het eg­ter ge­sê die ANC moe­nie een­heid ver­kon­dig as sy eie le­de in ver­skil­len­de fak­sies daar­op uit is om verdeeldheid in die al­li­an­sie met die SAKP en Co­sa­tu te saai nie.

Hy sê die ANC moet self­on­der­soek in­stel na wat eer­gis­ter ge­beur het.

“Dit is ANC­le­de van die Vry­staat wat in bus­se aan­ge­ry is om die ge­leent­heid te ont­wrig en die SAKP­lei­ers­korps te be­le­dig. Dit is waar­om die mees­te wer­kers ge­re­a­geer (en Zu­ma uit­ge­jou) het.”

In re­ak­sie op die ANC se be­roep om een­heid sê Mashi­lo: “E­nig­ie­mand wat ’n be­roep om een­heid doen ter­wyl hy on­der­duims die­self­de een­heid ont­wrig, sal nie suk­ses­vol wees nie.

“Jy kan al die men­se nie al­tyd vir die gek hou nie. ’n Be­roep om een­heid moet op be­gin­sels ge­grond wees en nie ge­doen word om jou eie ver­keer­de da­de weg te steek nie.

“Die SAKP sal net ’n be­roep om een­heid steun as dit in goe­der trou ge­doen word.”

Si­z­we Pam­la, woord­voer­der van Co­sa­tu, het gis­ter ge­sê ’n ver­ga­de­ring van al die al­li­an­sie­ven­no­te is drin­gend no­dig. “Daar is reeds be­sluit om nog van­dees­week of vroeg vol­gen­de week te ver­ga­der.”

Vol­gens Pam­la sal Co­sa­tu nog be­paal wat pre­sies ge­beur het voor­dat hy op ’n pad vo­ren­toe be­sluit.

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het gis­ter ge­sê die ANC­al­li­an­sie sal die uit­jou­e­ry van Zu­ma, Ba­le­ka M­be­te, par­ty­voor­sit­ter, en Jes­sie Du­ar­te, ad­junk­se­kre­ta­ris­ge­ne­raal, bin­ne­kort be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.