Com­ra­des­held ver­werf dok­tors­graad in die VSA

Beeld - - Nuus -

In 1997 het C­harl Mat­the­us teen die rug­bre­ker-op­draan­de by Tol­l­ga­te in Dur­ban die laas­te bie­tjie e­ner­gie in sy lig­gaam ge­bruik om Nick Be­ster fi­naal af te skud en die Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban te wen.

Nou, 20 jaar la­ter, het hy weer re­de om groot fees te vier. Hy het pas sy dok­tors­graad in be­stuurs­ad­mi­nis­tra­sie aan die Wal­den-U­ni­ver­si­teit in Min­ne­a­po­lis, A­me­ri­ka, ver­werf.

Mat­the­us, wat tans aan die U­ni­ver­si­teit van Ha­waii ver­bon­de is, het in sy stu­die op hos­pi­taal­en kli­niek­be­stuur ge­fo­kus.

Die 52-ja­ri­ge boor­ling van De­spa­tch in die Oos-Kaap word in Au­gus­tus ’n me­de­pro­fes­sor aan die Sa­cra­men­to Sta­te U­ni­ver­si­ty in Ka­li­for­nië.

Mat­the­us het in 1997 ko­ning ge­kraai na­dat hy, Be­ster en die oud-S­pring­bok Zit­hu­le­le Sin­qe me­kaar van die bo­punt van In­chan­ga (net voor die half­pad­kerf) kwaai ge­druk het.

Be­ster en Mat­the­us het Sin­que in die bui­te­wy­ke van Dur­ban af­ge­skud voor­dat Mat­the­us by Tol­l­ga­te, so­wat 5 km van die eind­punt in die Kings­me­ad-krie­ket­sta­di­on, diep ge­delf en van Be­ster weg­ge­breek het.

Be­ster kon nie die ga­ping uit­wis nie en moes toe­kyk hoe Mat­the­us ná 5 uur, 28 mi­nu­te en 37 se­kon­des eer­ste oor die eind­streep hard­loop.

Be­ster het twee­de ge­kom in 5:30:41.

Pres. Nel­son Man­de­la het die wen­ner­stro­fee aan Mat­the­us oor­han­dig. Mat­the­us het gis­ter uit Ha­waii ge­sê nou­dat sy stu­die vol­tooi is, hoop hy om weer ge­noeg tyd te hê om meer te oe­fen.

“Dalk hard­loop ek weer in die toe­koms die Com­ra­des.”

Mat­the­us het in 1992 in die op-Com­ra­des tus­sen Pie­ter­ma­ritz­burg en Dur­ban ook eer­ste ge­ëin­dig, maar sy ti­tel is hom ont­neem toe hy po­si­tief ge­toets is vir ’n ver­bo­de sti­mu­lant in si­nus­me­di­sy­ne.

Dié sti­mu­lant is kort daar­na van die lys van ver­bo­de mid­dels ver­wy­der.

Mat­the­us, wie se vrou, De­bo­rah, in 2001 ’n goue me­dal­je in die af­de­ling vir vroue ver­o­wer het, het in sy loop­baan amp­te­lik se­we keer on­der die voor­ste tien gou­e­me­dal­je­wen­ners ge­ëin­dig.

C­harl Mat­the­us (links) en Nick Be­ster in ’n ti­ta­nie­se stryd in die Com­ra­des van 1997. Ag­ter hul­le (langs die mo­tor­fiet­se) is die ou­dS­pring­bok Zit­hu­le­le Sin­qe.

Fo­to: JAN HAMMAN

C­harl Mat­the­us

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.