Klas­maats wil be­seer­de (9) se huis­werk vir hom doen

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Die gr. 4-klas by ’n skool in Mey­er­ton be­plan om ’n me­de­leer­ling se skool­werk vir hom te doen na­dat hy in die lang­na­week in ’n mo­tor­on­ge­luk was. Hy is tans in die waak­een­heid.

Nat­han Wie­se (9), ’n leer­ling van die La­er­skool Re­pu­bliek, is Vry­dag­aand be­seer toe sy tan­nie Ni­co­le­ne Bas­son be­heer oor haar Jeep ver­loor en die voer­tuig ge­rol het.

“Ons ver­moed iets in die mo­tor het ge­breek, maar kon nog nie vas­stel wat nie. Daar was net nie meer be­heer oor die mo­tor nie en dit het ge­rol,” sê Bas­son.

Haar man, hul twee kin­ders en Nat­han was in die voer­tuig.

Vol­gens Bas­son het hul­le sta­dig ge­ry om­dat dit in ’n woon­buurt was. Hul­le was van hul huis af op pad na hul be­stem­ming twee straat­blok­ke ver­der.

Haar man se een been en wang­be­ne is ge­breek, ter­wyl Nat­han se bek­ken ge­breek is. Die an­der het geen be­se­rings op­ge­doen nie.

Bas­son sê Nat­han het in­wen­di­ge bloe­ding op­ge­doen, maar dit is stop­ge­sit toe hy in die Se­bok­eng-hos­pi­taal op­ge­neem is. “Die brein­skan­de­ring het ge­toon dat hy geen brein­be­se­ring op­ge­doen het nie. Sy een oor is toe­ge­swel en die an­der een het net seer­ge­kry.”

Sy sê hy is Son­dag na die waak­een­heid in die C­har­lot­te Maxe­ke-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg oor­ge­plaas om­dat daar nie plek in die waak­een­heid in Se­bok­eng was nie.

Bas­son het Nat­han eer­gis­ter laas be­soek en hy was toe nog on­der ver­do­wing en aan suur­stof ge­kop­pel.

“Sy ma (An­ge­li­que Wie­se) is die heel­tyd by hom,” sê Bas­son. “Ons bid dat hy na ons sal te­rug­kom. Dat hy net sal by­kom. Ons glo hy sal her­stel.”

Ve­nes­sa Roode, ’n gr. 4-ou­er, sê Nat­han se klas­maats wil hom graag help. “Hul­le is so gre­tig dat hul­le be­sluit het hul­le sal pro­beer om sy skool­werk vir hom op da­tum te hou. Hul­le glo hy sal te­rug­kom.”

Sy fa­mi­lie wil hê hy moet weens sy erns­ti­ge be­se­rings na ’n plaas­li­ke pri­va­te hos­pi­taal in Ve­ree­ni­ging oor­ge­plaas word, maar hul­le het nie ’n sie­ke­fonds nie. R200 000 vir tien dae se hos­pi­taal­kos­tes word ver­eis.

Nat­han Wie­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.