Piet Bo­tha val en breek sy rug

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Piet Bo­tha, een van die land se voor­ste blu­es- en rock­mu­si­kan­te, het sy rug ge­breek toe hy van die ver­hoog ge­val het ter­wyl hy in Mar­ga­te op­ge­tree het.

Die 61-ja­ri­ge Bo­tha, wat in die Ne­t­ca­re Mar­ga­te-hos­pi­taal is, het gis­ter­mid­dag ge­sê hy sal moont­lik per am­bu­lans na ’n hos­pi­taal in Kaap­stad oor­ge­plaas word om­dat daar nie tans ’n chi­rurg in Mar­ga­te is wat hom kan o­pe­reer nie.

“Dit gaan maar rof. Ek het my rug ge­breek. Van die wer­wels laag in my rug is be­ska­dig,” het hy ge­sê.

Bo­tha, seun van oud­mi­nis­ter Pik Bo­tha (85), sê hy het dui­se­lig ge­voel voor­dat hy ge­val het.

Hy en sy blu­es-rock­groep, Jack Ham­mer, het op die Suid­kus-mo­tor­fiets­fees aan die K­waZu­lu-Na­tal­se suid­kus op­ge­tree.

Die ver­hoog was glo baie klein.

“Ons het lek­ker ge­speel. Ek het dui­se­lig be­gin voel en ge­val. Ek het da­de­lik be­sef die be­se­rings is erns­tig.”

Hy is per am­bu­lans hos­pi­taal toe ge­neem.

“Ek het aan­vank­lik ge­vrees dat my lin­ker­voet ook ge­breek is, maar dit is ge­luk­kig net kwaai ge­kneus. Dit be­gin goed reg­kom.”

Bo­tha sal ná die rug­o­pe­ra­sie ge­rui­me tyd in die hos­pi­taal moet deur­bring.

Piet Bo­tha Fo­to: STEF KRÜGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.