‘Daar was nie fout met hei­ning’

Beeld - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Die aand toe drie le­de van die Van B­re­da-ge­sin in hul huis op De Zal­ze na­by S­tel­len­bosch met ’n byl dood­ge­kap is, was daar niks met dié land­goed se ge­ë­lek­tri­fi­seer­de vei­lig­heids­hei­ning ver­keerd nie.

Daar was geen “vals a­larms” nie en die hei­ning is ver­skeie ke­re deur die nag ge­toets, het Lo­ren­zo A­fri­ka, ’n vei­lig­heids­be­amp­te op die land­goed, gis­ter ge­tuig.

Hy het ge­tuig in die drie­dub­be­le moord­saak teen Hen­ri van B­re­da in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad.

Van B­re­da staan te­reg op aan­klag­te van moord op sy ou­ers, Mar­tin (54) en Teresa (55), en sy broer, Ru­di (22), as­ook van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Hy ont­ken skuld. A­fri­ka het ge­tuig hy was die aand van 26 Ja­nu­a­rie aan diens. Sy skof het op 27 Ja­nu­a­rie – die og­gend toe die ver­moor­de ge­sin ge­vind is – ge­ein­dig.

Hy werk se­dert 2014 by die land­goed. Een van sy ta­ke is om deur die loop van sy skof die ge­ë­lek­tri­fi­seer­de hei­ning by ver­skeie pun­te te toet­se en se­ker te maak dit werk.

Selfs al spring ’n pad­da teen die hei­ning, sal die alarm ge­ak­ti­veer word.

“Daar was niks fout met die hei­ning nie.”

Nie­mand ver­dag is ook op die land­goed ge­waar nie, het hy ge­tuig.

Adv. Matthys Com­brink, na­mens Van B­re­da, het ge­vra of die alarm ge­ak­ti­veer sal word as ie­mand met ’n stuk plas­tiek oor die hei­ning pro­beer klim. A­fri­ka het ge­sê hy weet nie. Com­brink wou weet hoe­veel ka­me­ras daar­die dag in ge­bruik was. A­fri­ka het ge­sê daar was 44 ka­me­ras en hy is toe ge­vra om dit op ’n kaart aan te dui.

Hier­na het die hof tot van­dag ver­daag.

Vroe­ër die dag het adv. Pie­ter Bo­tha, ook vir die ver­de­di­ging, sers. A­dri­an K­leyn­hans, in kruis­ver­hoor ge­neem oor sy ge­tui­e­nis ver­le­de week.

Bo­tha het spe­si­fiek ge­fo­kus op K­leyn­hans se ver­kla­ring wat hy in Ja­nu­a­rie 2015 af­ge­lê het waar­in hy ge­sê toe hy by die huis op­daag, het Van B­re­da ge­trau­ma­ti­seerd voor­ge­kom.

In K­leyn­hans se hoof­ge­tui­e­nis ver­le­de week het hy eg­ter aan die hof ge­sê Van B­re­da was se­nu­ag­tig.

Bo­tha het tal­le an­der teen­stry­dig­he­de in sy ver­kla­ring uit­ge­lig en aan­ge­voer K­leyn­hans het doel­be­wus sy ge­tui­e­nis aan­ge­pas tot na­deel van Van B­re­da. Hy het die hof on­der ’n wan­in­druk ge­plaas oor wat hy reg­tig waar­ge­neem het, het Bo­tha aan­ge­voer.

K­leyn­hans het dit ont­ken en toe­ge­gee hy het ’n fout ge­maak toe hy nie er­ken het hy het in sy ver­kla­ring ge­sê Van B­re­da het ge­trau­ma­ti­seerd voor­ge­kom nie.

Van B­re­da se reg­span het sterk daar­op ge­fo­kus om sy ver­weer, dat ’n in­bre­ker sy ge­sin ver­moor het, te be­wys deur ga­pings in K­leyn­hans se ge­tui­e­nis uit te lig.

Die me­dia volg Hen­ri van B­re­da toe hy gis­ter­og­gend by die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad aan­kom. Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.