Man ‘dog hy ry oor klip’, toe is dit sy eks­vrou

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Ni­co Hor­ne hou vol hy het nie as­pris oor sy voor­ma­li­ge vrou ge­ry nie.

Hy het haar nie ge­sien nie en ge­dink hy ry met sy 3 t-plat­bak­vrag­mo­tor oor ’n klip, het hy aan ’n proef­be­amp­te ge­sê.

Dié voor­von­nis­ver­slag is gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien waar Hor­ne (61) vroe­ër skul­dig be­vind is aan moord en die be­sit van dag­ga.

Reg­ter Ts­hif­hi­wa Mau­me­la het vroe­ër be­vind Hor­ne het wel op 13 Maart 2015 by hul huis in Der­de­poort, P­re­to­ria, in ’n “oom­blik van woe­de” met op­set oor Su­san Hor­ne (54) ge­ry.

Hy sal la­ter van­dees­maand ge­von­nis word.

Lui­dens die klag­staat is die twee in 2012 ge­skei, maar het la­ter weer saam­ge­woon.

Daar was ’n ge­skie­de­nis van huis­hou­de­li­ke ge­weld.

Die dag van die voor­val was daar weer ’n ru­sie. Ni­co het na sy vrag­mo­tor ge­gaan en Su­san het die mo­tor­hek voor hom toe­ge­maak.

“Die be­skul­dig­de het uit die vrag­mo­tor ge­klim en die oor­le­de­ne aan die nek ge­gryp. Hul bu­re het tus­sen­bei­de ge­tree en die be­skul­dig­de het in sy vrag­mo­tor te­rug­ge­klim. Die be­skul­dig­de het die oor­le­de­ne en die hek met die vrag­mo­tor ge­tref.

“Die oor­le­de­ne het op die grond ge­val. Die be­skul­dig­de het oor haar ge­ry en die to­neel met die vrag­mo­tor ver­laat. Die oor­le­de­ne is op die to­neel dood,” lui die klag­staat.

Kort na­dat Ni­co weg­ge­ry het, het die eg­paar se ver­stan­de­lik ge­strem­de seun (toe 19) sy ma se lyk ge­sien.

Hy het in ’n bon­del­tjie ge­sit, sy ma se hand­sak vas­ge­klem en ge­mom­pel: “My pa het oor my ma ge­ry. Ek dink sy is dood. Waar gaan ek weer ’n pap­pa en mam­ma kry wat vir my lief is?”

Lui­dens die proef­be­amp­te­ver­slag het Ni­co des­tyds vir ’n in­sleep­diens ge­werk. Hy het die voer­tuig by hom ge­hou.

Ni­co en Su­san was dag­ga­ge­brui­kers, maar sy het ook bier ge­drink – tot sy er­ger­nis.

Die dag van die voor­val het Su­san glo bier saam met haar voor­skrif­me­di­sy­ne ge­drink en dag­ga ge­rook, het Ni­co aan die proef­be­amp­te ge­sê.

Hy het niks ge­rook of ge­drink nie om­dat hy dalk moes gaan werk.

14:20 is hy toe wel ge­bel om te gaan werk.

Su­san wou nie hê hy moet gaan nie. Sy het hom pro­beer keer deur tus­sen die vrag­mo­tor en die hek te gaan staan.

Toe Ni­co die hek oop­maak, het sy dit weer toe­ge­maak.

Dit was toe dat hy haar aan die nek ge­gryp en uit die pad ge­stamp het.

“Toe hy deur die hek ry, het hy haar nie voor die vrag­mo­tor ge­sien nie, maar ge­voel hy ry oor iets. In daar­die sta­di­um het hy ge­dink hy ry oor ’n klip wat al­tyd in die op­rit lê,” lui die ver­slag.

Ge­tui­es het eg­ter in die hof aan­ge­voer na­dat Ni­co Su­san neer­ge­gooi het, het sy op­ge­staan en weer pro­beer om die hek toe te maak.

“Sy was be­sig om die hek toe te maak toe die be­skul­dig­de haar en die hek met die vrag­mo­tor stamp.

“Sy het ge­val. Die vrag­mo­tor se lin­ker­wie­le het oor haar ge­ry,” lui die ver­slag.

Ni­co se werk­ge­wer het aan die proef­be­amp­te ge­sê hy moes Ni­co soms dwing om af te vat en het ag­ter­ge­kom hy ge­bruik sy werk om van sy huis­li­ke om­stan­dig­he­de te vlug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.