2 plaas­wer­kers sterf: Ses se saak uit­ge­stel

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Die moord­ver­hoor van ses mans van Pa­rys is gis­ter uit­ge­stel voor­dat dit nog kon be­gin.

Tal­le ge­tui­es het heel­dag bui­te die hof ge­wag dat die ver­rig­tin­ge be­gin.

Die ver­de­di­ging se reg­span was glo on­te­vre­de om­dat die staat se on­der­soek­span van die be­wys­stuk­ke, wat sel­foon­in­lig­ting en teks­bood­skap­pe in­sluit, te laat oor­han­dig het.

Boe­ta van der West­hui­zen (46), sy seun, Loe­die (18), en skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuuren (23), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (19), en ’n po­li­sie­kap­tein, Henk Prins­loo (46), word aan­ge­kla van moord op die plaas­wer­kers Si­mon Ju­be­ba en Sa­mu­el T­jixa op 6 Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar.

Meer as 40 boe­re het Boe­ta se pa, Loe­die van der West­hui­zen sr., daar­die dag te hulp ge­snel na­dat hy die nood­knop­pie op sy plaas ge­druk het.

Loe­die sr. het be­weer Ju­be­ba en T­jixa het hom aan­ge­val.

Van die boe­re het die twee mans glo ge­jaag en in heg­te­nis ge­neem. Hul­le is so erg be­seer dat al­bei daar­die aand dood is.

’n On­der­soek­span van die Val­ke is in­ge­roep om die be­weer­de moor­de te on­der­soek.

Aan­vank­lik is 13 mans van moord op die twee aan­ge­kla.

Die saak teen twee is in­tus­sen te­rug­ge­trek, vier gaan vir

die staat ge­tuig en die jong­ste se von­nis op aan­klag van aan­ran­ding is uit­ge­stel.

Op 18 No­vem­ber ver­le­de jaar het die hof be­veel dat die ver­de­di­ging teen 15 De­sem­ber al die be­wys­stuk­ke moet ont­vang.

Van die sel­foon­bood­skap­pe en

an­der me­dia is glo eers ver­le­de week aan die ses se reg­span oor­han­dig.

Reg­ter Cor­né van Zyl het die ver­hoor tot van­dag uit­ge­stel en sal dan uit­spraak le­wer oor die me­dia se aan­soek om die ver­hoor ge­deel­te­lik te ver­film.

Die ses mans wat van die moor­de aan­ge­kla word, is van links Boe­ta van der West­hui­zen, An­ton Log­gen­berg, Henk Prins­loo, Cor Log­gen­berg, Loe­die van der West­hui­zen jr. en Mie­la Jan­sen van Vuuren. Voor sit ad­vv. Ni­co D­rey­er en Hans de Bruin. Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.