Wer­kers ont­vang be­ra­ding ná aan­val

Beeld - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids

’n Plaas­wer­ker en sy vrou wat on­langs erg aan­ge­rand is toe hul­le ge­keer het dat ro­wers hul werk­ge­wer se ska­pe steel, kry trau­ma­be­ra­ding.

Jan Mak­get­la en sy vrou, Mo­go­bo, is nou te bang om weer op die plaas, in die Hert­zog­vil­le-dis­trik in die Vry­staat, te woon.

Hul­le is in Maart in ’n wraak­aan­val aan­ge­rand na­dat Jan en ’n an­der wer­ker, Ja­kob Ku­la, die dief­stal voor­kom het.

Jan is met ’n skerp voor­werp in die skou­er ge­steek en ge­skop en ge­slaan. Mo­go­bo is met die vuis ge­slaan en het van haar voor­tan­de ver­loor.

Ja­pie Gro­bler, voor­sit­ter van die A­gri Se­cu­ri­tas-trust­fonds, sê hul­le het die eg­paar met trau­ma­be­ra­ding ge­help. Hy sê plaas­wer­kers speel ’n be­lang­ri­ke rol in die daag­lik­se ak­ti­wi­tei­te op ’n plaas en die boer­de­ry­ge­meen­skap moet toe­sien dat wer­kers ook ge­help word wan­neer hul­le er­ge trau­ma ná ’n plaas­aan­val er­vaar.

“Ons is bly dat ons op hier­die ma­nier ’n by­drae kon le­wer om die men­se se le­we te help heel maak.”

Gro­bler sê vol­gens Vry­staat Land­bou (VL) was daar van­jaar reeds 12 aan­val­le op plaas­wer­kers, waar­in een per­soon ver­moor is.

Wer­kers word erg aan­ge­rand. Baie van hul­le is dees­dae bang om op pla­se te woon en wil eer­der na die dor­pe ver­huis. Dit bied by­ko­men­de uit­da­gings aan die doel­tref­fen­de be­stuur van ’n plaas.

“Aan­val­le op boe­re en plaas­wer­kers be­hoort op al­le vlak­ke van die sa­me­le­wing ten sterk­ste ver­oor­deel te word. Die land is af­hank­lik van sy boer­de­ry­ge­meen­skap vir die daag­lik­se kos vir huis­hou­dings,” sê Gro­bler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.