Een dood­ge­skiet ná roof in Cen­tu­ri­on, mak­ker erg ge­wond

Beeld - - Nuus - Ma­ge­za – Sim­vuy­e­le

’n Ro­wer is gis­ter dood en een van sy mak­kers se toe­stand is kri­tiek na­dat ’n ben­de van vier ro­wers gis­ter­og­gend ’n re­stau­rant in Cen­tu­ri­on be­roof en in ’n skiet­ge­veg met vei­lig­heids­be­amp­tes be­trok­ke ge­raak het.

’n Vei­lig­heids­be­amp­te van High Risk U­nit het ver­by die plek in Ou Jo­han­nes­burg­weg ge­ry op pad na ’n kli­ënt. Die ro­wers het hom op­ge­merk en ge­dink hy re­a­geer op die roof­tog.

“Hul­le het op hom ge­skiet en hy het te­rug­ge­skiet,” sê Art­hur C­re­we, woord­voer­der van dié vei­lig­heids­maat­skap­py.

Hul­le het weg­ge­jaag ter­wyl hul­le op hom ge­skiet het. “Hy het hul­le ge­volg . . . Hy het on­der­steu­ning ge­vra en ’n mi­nuut la­ter was ’n twee­de vei­lig­heids­maat­skap­py daar.”

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24, sê die skie­te­ry het tus­sen 11:00 en 11:30 ge­beur.

Toe pa­ra­me­di­ci op­daag, het een van die ro­wers ’n ent­jie van hul mo­tor ge­lê. Hy is op die to­neel dood ver­klaar.

“’n Twee­de man wat langs die mo­tor ge­lê het, is in die bo­lyf ge­skiet en is in ’n kri­tie­ke toe­stand na die Tem­bi­sa-hos­pi­taal ge­bring.”

Kol. Lun­ge­lo Dla­mi­ni, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die ben­de het ’n on­be­ken­de be­drag geld in ’n re­stau­rant ge­buit.

Twee van die ro­wers is in heg­te­nis ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.