Ro­wers skiet po­li­sie­lid op spoor­weg­sta­sie by P­re­to­ria

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

’n Po­li­sie­lid is gis­ter in die vroeë og­gend­u­re in ’n roof­tog op die Pie­naar­s­poort-spoor­weg­sta­sie na­by Ray­ton, oos van P­re­to­ria, ge­wond.

Le­de van die po­li­sie in Ma­me­lo­di-Oos het pa­trol­lie­werk by die sta­sie ge­doen toe hul­le om­streeks 02:00 ’n groep ver­dag­te men­se ge­waar.

“Die groep het uit die blou­te op die po­li­sie­le­de los­ge­brand. ’n Skie­te­ry het uit­ge­breek en die ver­dag­tes het in voer­tuie ge­vlug,” sê kol. Lun­ge­lo Dla­mi­ni, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der.

Vol­gens Dla­mi­ni is ’n po­li­sie­lid ge­wond. Hy is in ’n sta­bie­le toe­stand in die hos­pi­taal.

“Ná ver­de­re on­der­soek is vas­ge­stel dat die ver­dag­tes vroe­ër vei­lig­heids­wag­te vas­ge­bind en geld ge­steel het.

“Die wag­te is nie be­seer nie.” Die po­li­sie vra die pu­bliek om in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.