Skok oor reg­te om te myn in re­ser­vaat

Beeld - - Nuus -

Be­wa­rings­be­wus­tes het gis­ter “met skok” ver­neem die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne het ’n myn­reg vir die uit­haal van tal­le swaar me­ta­le in die buf­fer­ge­bied van die Sui­ker­bos­rand-na­tuur­re­ser­vaat goed­ge­keur.

T­ha­be­lo Mats­hi­se­vhe, om­ge­wings­kon­sul­tant van Kim­opax, sê die de­par­te­ment het Ng­we­nya Mi­ning and Ex­plo­ra­ti­on se aan­soek om die uit­haal van mag­ne­tiet, va­na­di­um, ko­per en an­der swaar me­ta­le op Ma­ca­ma, die plaas van Ri­aan du P­les­sis, goed­ge­keur.

Du P­les­sis boer met bees­te aan die voet van die Sui­ker­bos­rand tus­sen Hei­del­berg, Mey­er­ton en Ve­ree­ni­ging. Die be­oog­de myn gaan 614 ha be­slaan.

Du P­les­sis was gis­ter ver­slae oor die myn­reg wat toe­ge­staan is en sê hy was be­wus van die pro­ses, maar so­ver hy weet, het Ng­we­nya nog nie ’n wa­ter­li­sen­sie nie.

“Hier is baie vleie op die plaas. Ek kan nie dink dat die men­se ’n wa­ter­li­sen­sie vir hul myn gaan kry nie.”

Ma­ca­ma is in die Sui­ker­bos­rand­ri­vier se op­vangs­ge­bied.

Le­de van die K­lip­ri­vier-Sui­ker­bos­rand Be­wa­rea, die Wel­ver­diend Drie­hoek Be­wa­rea en plaas­li­ke boe­re sê hul­le sal be­slis teen die myn­reg ap­pel­leer.

Een van die re­des vir hul ver­set is dat die kri­tiek be­dreig­de Hei­del­berg-ko­per­skoen­lap­per (Chrys­o­ri­tis au­re­us) in die Sui­ker­bos­rand­re­ser­vaat, in sy buf­fer­ge­bied en op van die om­lig­gen­de pla­se voor­kom waar die myn­reg nou goed­ge­keur is.

In die ge­bied is ook me­di­si­na­le plan­te waar­van die skoen­lap­per vir sy oor­le­wing af­hank­lik is. Hier is ook uit­ge­strek­te vleie wat deel van die Sui­ker­bos­rand­ri­vier se op­vangs­ge­bied uit­maak.

Die voor­ge­no­me wa­ter­ge­bruik kwel hom, sê Du P­les­sis. Vol­gens hom is daar te min wa­ter in die om­ge­wing om in Ng­we­nya se be­hoef­tes te voor­sien.

Van die be­lang­heb­ben­des sê hul­le was on­der die in­druk Ng­we­nya is nou eers be­sig met die pro­ses om om ’n pro­spek­teer­reg aan­soek te doen.

Mats­hi­se­vhe sê Ng­we­nya het be­slis ’n myn­reg ge­kry. Die maat­skap­py moet nog in ’n af­son­der­li­ke pro­ses by die plaas­li­ke o­wer­heid aan­soek doen om die ge­bied waar hy wil myn van land­bou- na myn­bou­grond te laat her­so­neer.

Ng­we­nya het be­slis om ’n wa­ter­li­sen­sie aan­soek ge­doen, sê sy.

Du P­les­sis sê hy weet van geen ver­ga­de­rings wat oor die wa­ter­li­sen­sie met be­lang­heb­ben­des ge­hou is nie. Hy sal al­les doen wat hy kan om te keer dat Ng­we­nya op Ma­ca­ma myn.

Die Sui­ker­bos­rand­na­tuur­re­ser­vaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.