Ma­ri­ne maak soos Me­la­nia

De­le van toe­spraak by an­der af­ge­loer

Beeld - - Wêreld­beeld -

Sy noem dit er­ken­ning, so­si­a­le me­dia noem dit pla­gi­aat.

Ma­ri­ne Le Pen, ver­reg­se pre­si­dents­kan­di­daat, het gis­ter op so­si­a­le me­dia on­der skoot ge­kom na­dat sy de­le van ’n toe­spraak by Fran­cois Fil­lon, ’n teen­stan­der wat in die eer­ste ron­de van die pre­si­dents­ver­kie­sing uit­ge­val het, af­ge­kyk het.

Me­nings­pei­lings wys Le Pen is so­wat 20 pun­te ag­ter Em­ma­nu­el Ma­cron voor die ver­kie­sing op 7 Mei. Sy sal haar on­der­steu­ners­ba­sis moet ver­groot as sy nog e­nig­sins ’n kans wil hê om te wen.

Fil­lon doen ’n be­roep op kie­sers om vir Le Pen te stem.

In ’n toe­spraak op 1 Mei het

Le Pen ver­wys na men­se in Ar­gen­ti­nië en Po­le wat Frans leer en wie se na­me op wag­lys­te is om aan Fran­se sko­le te stu­deer.

Dit is ’n woor­de­lik­se her­ha­ling van ’n toe­spraak wat Fil­lon in A­pril ge­le­wer het.

Le Pen het by­ge­voeg dat die be­lang­stel­ling in Frans wys Frank­ryk is meer as net ’n mi­li­tê­re en ny­wer­heids­mag en dat die land weer ’n groot rol­spe­ler “kan en moet word”.

Die toe­spraak het ver­al op T­wit­ter vlam ge­vat met die huts­merk #pla­gi­at.

Dit het tal­le twie­ters her­in­ner aan ’n toe­spraak van Me­la­nia Trump, A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­vrou wat groot de­le uit ’n toe­spraak van Mi­chel­le O­ba­ma her­haal het.

Die Na­si­o­na­le Front, Le Pen se par­ty, dink nie daar is e­nig­iets fout met Le Pen se toe­spraak nie.

Flo­ri­an P­hi­lip­pot, ad­jun­klei­er van die par­ty, sê die par­ty er­ken reg­uit dat Le Pen se toe­spraak na Fil­lon s’n ver­wys.

P­hi­lip­pot het aan Ra­dio Clas­si­que ge­sê Le Pen se toe­spraak was ’n “kop­knik” aan Fil­lon se toe­spraak, wat be­doel is om ’n “wa­re de­bat” oor Fran­se i­den­ti­teit te be­gin.

Da­vid Ra­ch­li­ne, Le Pen se veld­tog­be­stuur­der, sê ook die toe­spraak is ’n eer­be­toon aan Fil­lon. Die ver­wy­sing na Fil­lon se toe­spraak is ook deur Fil­lon se on­der­steu­ners waar­deer, het Ra­ch­li­ne aan die Fran­ce 2-TV­ka­naal ge­sê.

Fil­lon het nie kom­men­taar ge­le­wer nie.

In die Ip­sos Sop­ra S­te­ria-me­nings­pei­ling gis­ter is be­vind Ma­cron sal 60% van die stem­me in die twee­de ron­de van die pre­si­dents­ver­kie­sing op hom ver­e­nig teen Le Pen se 40%.

Em­ma­nu­el Ma­cron en Ma­ri­ne Le Pen. Fo­to’s: AP, GETTY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.