Trump sal ‘ge­ëerd’ wees om Kim te ont­moet

Beeld - - Wêreld­beeld -

Pres. Do­nald Trump van die VSA sê hy sal “ge­ëerd” wees om Kim Jong-oen, Noord-Ko­re­aan­se lei­er, in die reg­te om­stan­dig­he­de te ont­moet – na­dat hy die vo­ri­ge dag nog met mi­li­tê­re op­tre­de teen Noord-Ko­rea ge­dreig het.

Ter­wyl Noord-Ko­rea dreig om ’n ses­de kern­toets uit te voer wat die span­ning in die Ko­re­aan­se skier­ei­land ver­der sal laat toe­neem, lyk dit of Trump die moont­lik­heid van ’n di­plo­ma­tie­ke uit­weg bied.

“As dit toe­pas­lik is om hom te ont­moet, ab­so­luut. Ek sal ge­ëerd wees om dit te doen,” het Trump eer­gis­ter aan Bloom

berg ge­sê. “As dit in die reg­te om­stan­dig­he­de is.”

Die VSA vrees dat Noord-Ko­rea kern­teg­no­lo­gie en lang­af­stand­mis­sie­le bin­ne­kort sal kan kom­bi­neer en die wes­te van die VSA sal kan aan­val. Trump het sy voor­ne­me om die be­drei­ging wat Noord-Ko­rea in­hou, te ont­lont Son­dag in ’n on­der­houd met CBS her­haal: “Ons kan nie toe­laat dat wat ’n lang tyd­perk van ja­re aan­gaan, voort­duur nie.”

Maar hy het ook lof vir Kim uit­ge­spreek. “Hy het te doen met men­se wat dui­de­lik baie taai is, ver­al die ge­ne­raals en an­der. En op ’n baie jong ou­der­dom was hy in staat om die mag oor te neem. Hy is dus klaar­blyk­lik taam­lik skerp (a smart cook­ie).” – News24Wi­reAP

Kim en Trump

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.