On­nie sterf in per­so­neel­ka­mer

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die on­der­wy­se­res wat gis­ter­og­gend in die per­so­neel­ka­mer van die Clap­ham High School in P­re­to­ria in­me­kaar­ge­sak en dood is, was ’n “sag­te siel” wat baie lief was vir haar werk.

Gis­ter was sy vir die eer­ste keer ’n bie­tjie laat vir werk, sê Hen­ning Pie­ters, skoolhoof.

In die per­so­neel­ka­mer het sy aan haar kol­le­gas ge­sê sy voel nie goed nie, sê Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys.

Hulp is on­mid­del­lik ont­bied toe sy in­me­kaar­sak.

“Haar kol­le­gas het pro­beer om haar by te bring, maar on­ge­luk­kig het sy ge­sterf,” sê Le­su­fi.

Die on­der­wy­se­res se naam kon teen gis­ter­mid­dag nog nie be­kend ge­maak word nie om­dat van haar naas­be­staan­des nog van haar dood in­ge­lig moes word.

Die 67-ja­ri­ge is in Maart by die skool aan­ge­stel as ’n re­me­di­ë­ren­de En­gel­s­on­der­wy­se­res vir gr. 8- tot gr. 12-leer­lin­ge.

“Sy het reeds af­ge­tree, maar sy het in­ge­stem om ek­stra En­gel­se klas­se by die skool aan te bied,” sê Le­su­fi.

Pie­ters sê hoe­wel sy nog nie lank by Clap­ham ge­werk het nie, het sy diep in haar kol­le­gas se hart ge­kruip.

“Sy was ’n sag­te siel wat baie lief was vir kin­ders en die on­der­wys.”

Pie­ters sê leer­lin­ge en me­de­on­der­wy­sers is ge­skok en die skool het vroe­ër ver­daag.

“Dit is on­mens­lik om van on­der­wy­sers te ver­wag om skool te hou ná die dood van een van hul kol­le­gas,” sê Le­su­fi.

“Die dood is ’n feit van die le­we en dit is be­lang­rik dat ons leer­lin­ge dit leer,” sê Pie­ters. Dit is hoe­kom die skool van­dag nor­maal­weg sal voort­gaan. Be­ra­ders was by die skool om leer­lin­ge, on­der­wy­sers en fa­mi­lie­le­de te on­der­steun.

Le­su­fi sê hy sal haar fa­mi­lie la­ter van­dees­week be­soek.

Die skool sal ’n ge­denk­diens hou.

Fo­to: DEAAN VIVIER

’n Am­bu­lans ry by die in­gang van die Clap­ham High School in Qu­eens­wood, P­re­to­ria, in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.